register(); ?> Hallo, my naam is Johnny… on Straatwerk
The Body of Christ in action

The Body of Christ in action


We believe we are called to have a visible Christian presence in the city centre.

The Body of Christ in action

The Body of Christ in action


We believe we are called to be of service to those in need and ease their distress and to speak up for those who cannot speak for themselves .

Servant Evangelism

Servant evangelism


Deeds of love + words of love + the perfect timing of God = the focus of these outreaches

Valuable to Jesus

Valuable to Jesus campaign


We believe that God wants to end all forms of sexual abuse, prostitution and pornography, through focused prayers and compelled action.

Prostitution: Restoration

Prostitution: Restoration


We have a number of initiatives aimed at calling women out of prostitution.

Outreach ministry

Outreach ministry to the destitute and desperate


Ophelp Projekte are not job creation activities. They are a bundle of rehabilitation programmes for people who are not yet able to act productively and responsibly.

Stories of living hope

Stories of living hope

Stories of Living Hope is a collection of stories of women who have come out of the lifestyle of prostitution as well as children of the women, who have put their faith in Jesus Christ as their Lord and Saviour and experienced His transforming life in theirs.
Read more

Jesus Saves

Jesus Saves

This project provides an effective mechanism to use the very problem of vagrancy to address its causes and undo its consequences and a job rehabilitation programme for broken, destitute or desperate persons, reshaping them into stable workers.
Read more


Breakfast-on-the-go and our next birthday celebrations

Valuable to Jesus CampaignEarly morning on the 11th of May a group of us gathered in the inner city of Cape Town to surprise people with the love of Christ. We were prepared with breakfast parcels consisting of muffins, fruit juices, peanuts and other treats. We trusted the Lord for Divine appointments and in His nature He didn’t disappoint us.

A huge thank you to all for making this possible.

Our next 50th Birthday Celebration will be on the 16th of June (Youth Day) at 10:00. We are going to celebrate the Valuable to Jesus Campaign by having a workshop for the of making knitted dolls at our Headquarters in Parow, De Tyger. You don’t have to be a knitter to participate, we are also going to make hearts for our high school presentations. Children are welcome.

Another date to remember is the 17th of July. We are hosting a Soup Evening with testimonies of Straatwerk. It is important that you RSVP before the 7th of July.

For more information contact Lisa at 021 930 8055 or lisa@straatwerk.org.za


Valuable to Jesus Campaign

Valuable To JesusStraatwerk's Valuable to Jesus-package is comprehensive and contains all you (or your congregation) will need to launch the VTJ campaign without delay. It comprises three DVD;s and on CD:

  • The Vision DVD (22 min) explains, in practical terms, the face and heart of the campaign.
  • The Introduction DVD (5 min) is a handy tool to use when you want to introduce the campaign (such as during a worship service).
  • The Resource CD includes the school presentations, prayers and other materials to launch the campaign.
  • The Presentation DVD is an example of a school presentation.

The package can be ordered from Straatwerk for R100, which includes domestic posting fees.

For further information, please contact us at admin@straatwerk.org.za, or call us at 021 930 8055.

[postdate d]
[postdate M]
Written by admin

“Ek was baie opgewonde toe ek sien dat daar nuwe mense in ons straat gaan intrek. Ek het sommer dadelik oorgestap toe hulle begin het om die huis te renovate. Ek was 14 jaar oud en nie meer in die skool nie. Dit was net ‘n klomp vroumense wat probeer het om die plek te verf. Hulle het junk cheap verf gekoop wat sommer van die muur afgeloop het soos mens verf. Ons het baie gelag en hulle het beter verf gaan koop. Ek was baie trots op die huis toe dit klaar was. My handewerk. En dit was goed.

“Heideveld is ‘n ander tipe plek. Hulle se mos: You live by the gun, you die by the gun, maar op 14 het ek nog hoop gehad. Die nuwe mense wat ingetrek het, het eintlik vir my hoop gegee want hulle het probeer om my in ‘n skool in te kry. Vir een of ander rede het dit nie gewerk nie.

“Nadat my ouma en oupa dood is, het dit gevoel asof my hele lewe begin float. Dan is ek hier en dan is ek daar. Ek bly by my ma en pa en boetjies en sussie in ‘n netjiese huis en ons het nice honne ook, maar ek kon net nie meer ‘n grip op my lewe kry nie. Ek onthou goed die dag dat my ouma dood is. Soos gister. Ek was baie lief vir haar. Sy was die glue wat die family bymekaar gehou het. Sy het ook maar ‘n wilde lewe gehad, maar hier op die einde het sy haarself bekeer. Sy was eintlik al die jare Catholic, maar sy het bietjie vergeet van die Here. Mense was in en uit die huis, heeltyd. My hart was so seer ek wou net die hele tyd gil en skree om die seer uit te kry.

“Eendag het ek en van my vrinne besluit om vir ons ‘n lekker sterk hok te bou, daar op die een jaart. Ons was in elk geval besig met verkeerde dinge, so ons besluit toe maar om onsself lekker in te rig. Staalplare en net ‘n loergaatjie. Drugs was ons main ding. En ek het begin hard word vir die lewe en vir mense. Jy betaal jou drugs of jy word opgeneuk. Finish en klaar.

“Kinders het voor skool kom drugs koop, sommer so met hulle skoolklere aan. Die straat was baie besig en ons het runners begin nodig kry. Hoe jonger jou runner, hoe minder is die kans die die polieste jou kan vastrek. Hulle kyk nie eintlik uit vir kinders nie, meer vir jongetjies soos ekself. Die ander goeie ding van kinders is dat hulle vinnig hardloop en doen wat jy sê. En hulle soek net ‘n paar rand vir hulle moeite. Dit is die minste probleme om jou saak so te bedryf.

“My nefie is ‘n runner en ek het gehoor dat hy by die Kid’s Club gaan sê het dat hy nie meer met drugs wil deal nie. Hy het nie ‘n keuse nie. Sy ma sê hy moet en die linge moet versorg word. Hulle is nog babatjies. En my laaitie moet ook versorg word. My laaitie lyk ‘n bietjie stadig, sy ma was ‘n heavy drug addict toe sy pregnant was met hom. My ma moet maar kyk hoe die kind kan regkom. Ek het daai girlfriend nogal baie geslaan oor die drugs en pregnancy storie.

“My ma sê die drugs besigheid is fine want ten minste hoef ons nooit in iemand anders se oë te kyk vir ‘n stukkie brood nie.

“Nou die dag was die hele straat vol polieste. Bullet proofs, machine guns, hand guns, bullet proof vans (nie die gewone junk vans waarmee hulle gewoonlik ry nie) en hulle het vinnig beweeg, met ‘n plan. Net jammer vir hulle dat daar niks in ons hok was nie. Hulle het my ander suster se kamerdeur afgebreek. Shame. Sy is bekeer en daar krap die poliesmanne in haar onderklere en stuff rond. Hulle was in die ceiling, in elke gaatjie, maar hulle het niks gekry nie. Die polieste bly in en uit by ons, maar dit lyk my hulle raak moedeloos. Hulle kry omtrent niks. Ek wonder wie in die straat bel die anonymous line om ons aan te gee. Well, good luck to them.

“Kersdag het ek besluit dat ons almal na ouma se graf toe moet gaan. Sy was al twee jaar dood. Die babytjie moes ook sommer saamgaan. Die Here gee en die Here neem. Ek het mooi blomme gekoop en ons het in my pa se kar tot daar gegaan. Ek het lank so by die graf gesit en gedink oor my lewe. Die drugs besigheid, my gefloatery en dit als omdat die glue nie meer daar is nie. Mens se lewe kan baie vinnig verander.

“Die res van die dag was stil, maar die aand het die hel losgebars. ‘n Geskietery, en ek en my neef was in die middel daarvan. Ek onthou nie veel nie. Die koëel was in my lyf, ek het my ma hoor skree en toe was alles verby. Net stilte. Ek was maar net 18 jaar oud.”

Johnny se seuntjie is deel van ons Babbelbekkies informele speelgroepie en behoort aan die Kids’ Club. Ons weet sy lewe gaan anders wees as sy pa en ma s’n.

Woordelys:
staalplare – sinkplate
polieste – polisie
jongetjies – jong seuns (min of meer 16 jaar en ouer)
linge – tweeling

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
‘n Ander taal

Meermale het Jesus gepraat sonder woorde. Die diepste betekenisse wat Hy oor God gedeel het, is gekommunikeer in
nie-verbale liggaamstaal.

Neem maar Sy vreemde geboorte waaroor ons in hierdie tyd nadink, of die moord op Hom daar op Golgota wat kliphard gepraat het, maar sonder enige verbale inmenging. Trouens die hardste en mees radikale taal wat nog ooit in menseheugenis gehoor, gevoel, gesien en ervaar is, vind ons in Betlehem en Golgota – totaal woordeloos. Jesus se sterkste vorm van praat was sy blote
teenwoordigheid. Sy Immanuel naam: God by ons.

Dit is hierdie tyd van die jaar wat ons terugdink en nadink oor 2015. Dit is onmoontlik om alles te onthou wat jy vir ander gesê het of wat hulle vir jou gesê het. Ons onthou egter baie beter daardie ervaringe van medemenslikheid, omgee, wonderwerke wat ons harte en lewens geraak het en dalk onherroeplik verander het.

By Straatwerk het ons hierdie jaar teruggedink oor 50 jaar se geskiedenis van die Here se voorsiening en sorg. Wat uitgestaan het is getuienisse van lewens wat verander het.

In al die uitreike by Straatwerk wil ons heel eerste mense se harte gaan aanraak. Ons praat van ‘n hart-tot-hart benadering en nie ‘n kop-tot-kop benadering nie. Ons sien dit elke keer prakties, byvoorbeeld, dat warm kaneelsuiker-pannekoeke wat ons in van ons uitreike gebruik het, harder praat as baie woorde.

Of jy nou al een of 50 jaar by Straatwerk betrokke is, wees verseker jou teenwoordigheid, gebede en ondersteuning maak ‘n verskil.

Mag jy ‘n geseënde Christusfees beleef.

Groete van Fourie en almal by Straatwerk.

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
Aksie Immanuel 2015

Vanjaar se Aksie Immanuel tema is: Dream the impossible dream… (wat ook deel was van Straatwerk se 50ste verjaardagviering).

Ons program sal min of meer soos volg verloop:

Donderdag 17 Desember
Kersfeespartytjie vir die kinders wat deel is van die Zoë Trust Kids’ Klub (4-7 jariges)

Vrydag 18 Desember
‘n Laataand diensevangelisasie-uitreik vanaf 21:30 – 02:00 in die middestad van Kaapstad, Groenpunt en Seepunt

Saterdag 19 Desember
Dangerous Women byeenkoms– ‘n samekoms van vroue wat ‘n besluit gemaak het om die Here te volg. Meeste van die vroue
kom uit gebroke agtergronde en ons het deur die jare die voorreg gehad om die pad van val en opstaan saam met hulle te
loop.

Sondag 20 Desember
‘n Vroegoggend skoonmaakskof wat om 07:00 afskop, waar ons al die papiere, bottels en ander rommel gaan opruim van die vorige aand se partytjies wat in die stad gehou is. Breakfast-on-the-go pakkies sal ook aan mense gegee word om die Here se liefde op ‘n praktiese manier vir hulle te wys.

Maandag 21 Desember
‘n Etensuur dankseggingsdiens saam met die deelnemers van Ophelp Projekte by die St Andrews-kerk in Groenpunt. Koeldrank, muffins en boereworsrolletjies sal voorsien word.

Dinsdag 22 Desember
Aanduitreik in Voortrekkerweg, Parow

Woensdag 23 Desember
Nog ‘n kreatiewe uitreik…

Donderdag 24 Desember
Oukersaand- uitreik in die middestad van Kaapstad

Kersdag 25 Desember
Laatoggend uitreik na mense wat op die strate ronddwaal in Voortrekkerweg, Parow

Behoeftes…

  • gewillige hande;
  • finansiële bydraes;
  • toiletware (seep, waslappe, handdoeke, tandepasta, tandeborsels, aanrol deodorant, ens.) – ons voorrade is uitgeput na die jaar
  • tweedehandse klere vir mans (veral groottes 28-34), kinders en tieners; damesklere is ook welkom, alle groottes;
  • skryfbehoeftes (inkleurpotlode, draaikryte, penne, potlode, uitvëers, inkleurboeke, potloodsakkies, skêre, ens.);
  • selfone in werkende toestand;
  • koffie, tee, suiker en langlewe melk vir besoekersgroepe op Vrydagaande;
  • nie-bederfbare produkte;
  • suigstokkes, aartappelskyfies, koeldrank, pakkies grondboontjies, lekkers, koekies, ens. vir die uitreike en kinderpartytjie;
  • borg ‘n boereworsrolletjie – vir die deelnemers wat Ophelp Projekte se dankseggingsdiens gaan bywoon – teen R15 elk;
  • borg ‘n breakfast-on-the-go ontbytpakkie teen R15 elk; en
  • twee-liter roomysbakke.
Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Naglewe uitreike na 50 jaar – my ervaring

Hannes van der Merwe

Wat my gemotiveer het om deel te neem

“Naglewe. Dit klink so vreemd: Nag en lewe. Son en lig bring tog lewe. Tog ontwaak daar ‘n soort lewe in die stad wat net in die nag sy loop neem. Is dit dalk nagelwe of dalk nagdood? Ons Hemelse Vader stuur sy kerk, ons, om hierdie mense weer ‘n nuwe lewe in hom te bied.” (Geskryf deur wyle Ds. Pietie Victor toe ‘n klein groepie 50 jaar terug met naguitreike begin het.)

Hoe lyk dit 50 jaar later? Kom loop die strate weer saam met ons en beleef hoe ons steeds uitreik na hulle wat die naglewe van Kaapstad besoek.

So was die uitnodiging geformuleer.

Nadat ek al baie jare nie meer saamgaan op naguitreike nie, het die vraag my baie nuuskierig gemaak en my gemotiveer om daar te wees vir die geleentheid.

Die aand
Ek is aangewys as groepleier van ‘n paar oud-straatwerkers en dit was in sigself alreeds ‘n interessante ervaring. Ons het op uitreik vertrek, vol herinneringe aan die rykdom van ou ervaringe in dieselfde gebied op basies dieselfde missie. Ons het ook ‘n draai gemaak by die ou “Koffiekamer” lokaal in Breëstraat. ‘n Mens kan nie die ervaring maklik beskryf nie.

Die stad en aktiwitiete was natuurlik ‘n hele ander wêreld as dié van ouds. So ook die basiese invalshoek van spanne en hul teenwoordigheid in die naglewe: In die ou dae was die spanne verdeel in twee pare en was die aanknoping duidelik: “Kan ons met jou gesels oor die Here Jesus?” En destyds het ons, soos Oom Pietie ons geleer het, “die net so wyd as moontlik uitgegooi” deur almal wat ons raakloop so te probeer benader en dan maar sien waarheen dit lei. Nou was ons ‘n groepie, gekleed met helderkleurige bibs waarop JESUS SAVES gedruk is en met vullissakke in ons hande, al rommel-skoonmakende op soek na ‘n gespreksgeleentheid.

Ons het nie almal genader nie. Elkeen van die span het inisiatief op eie oorweging en op eie manier onderneem. Verskeie gesprekke was wel gevoer. Daar was selfs persone wat ons genader het (redelik ongewoon in die ou dae).

Ek was ‘n bietjie ongemaklik oor wat ek nou moet sê as ek iemand nader, want ek het besluit om nie die ou aanknopingspunt in die nuwe situasie te gebruik nie. Die ervaring, soos altyd, was dat dit vir ‘n mens self nie baie indrukwekkend klink nie en dat dit net die Here is waarop ons vertrou wat ons teenwoordihgheid en ons woorde lewe kan gee in die ervaring van die hoorder.

Toe kom daar ‘n jongman alleen aangeloop in ‘n redelik verlate hoek van die stad. Ek probeer maar (met ‘n ander benadering): “Waarheen is jy nou oppad?”

Hy antwoord: “Ek gaan maar huistoe”

Wat nou gesê?…

Ek probeer. “Het jy al daaraan gedink om die Here Jesus te volg?”

Hy sê toe: “Ek het op ‘n stadium die Here aangeneem en hom gedien”.

‘n Oomblik stilte.

Hy gaan verder: “Maar nou is ek op drugs…” En ek sien die hopeloosheid in sy oë. (Vreemd – hierdie ervaring 50 jaar later – dieselfde nood, dieselfde noodsaaklikheid om uit te reik!)

Ek kon opgewonde reaggeer: “Ons het net vroeër vanaand na ‘n paar getuienisse geluister en twee van hulle het spesifiek genoem hoe hulle verlossing van die dwelms ervaar het, bloot uit ‘n opregte oorgawe aan die Here en ‘n versoek aan Hom dat hy tog moet help!”

Hy sê niks.

Ek volg op: “Dit is mos moontlik, vir jou ook”.

Hy het niks gesê nie en dit was, sover ek onthou, ook die laaste woorde.

In my geestesoog het ek hom, met hoop, sien gaan na daar waar hy weet mense die Here Jesus opreg dien. Wat hy wel ervaar en gaan doen het, weet die Here.

Ons het ons spannetjie se uitreik afgesluit met gebed in die groepie en by die Here gepleit dat hy tog sal gebruik wat die aand gebeur het.

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
Hallo, my naam is Faisal…

“Ek is een van sewe kinders, nie almal van dieselfde pa nie, maar ons almal het dieselfde ma. Eintlik is ek nou net een van ses kinders. My broer is geskiet op Kersdag 2013. Dit was maar ‘n deurmekaar storie. My baby broertjie is oulik en my ma sê hy is haar blessing.

“My grootste droom is om ‘n 28 te wees en om tronktjappies te kry. Ek leer myself al klaar hoe om dakke te hardloop en te spring, mens moet dit kan doen as mens ‘n goeie gangster wil wees.

“Ek verstaan nie altyd wat mense agter hulle hande oor my fluister nie, maar ek het al gehoor hulle praat van split personality, van die duiwel besete, gruwelik en dat ‘n demoon in my bly. Al die woorde klink nogal erg, maar ek is maar net Faisal.

“Partykeer is ek stout en partykeer wil ek nog ‘n babatjie wees, dan suig ek my duim. Ek kan baie vinnig van stout na babatjie verander. Ek weet self nie hoe dit gebeur nie. Miskien het ek super powers soos die heroes wat ons op die poppestukkies sien. Ek weet nie altyd watter een ek is nie en ek weet nie altyd alles wat ek aanvang nie. My pa sê dat ek baie goed alles weet wat ek doen. Ek weet nie. Dalk is ek maar net twee mense en klaar.

“Ek moet madrassa toe gaan in die middae, maar baie keer kruip ek vir my pa weg wanneer hy my kom haal, want ek wil eerder Kids’ Club toe gaan. Ek kan sien ek werk baie op die anties se nerves wat vir ons uit die Bybel leer, maar dit is lekker om daar te wees. Soms kry ek dit reg om nie uit die klas gejaag te word nie. Dit is wanneer ek my duim suig, maar as ek nie my duim suig nie, ruk alles los.

“Ek is tien jaar oud en rook al vandat ek so sewe jaar oud is. Die snaakse ding vir my is dat ek glad nie kan ophou nie. Lyk vir my as ek ‘n ding begin dan moet ek aanhou, maar dis alles met verkeerde goed. Daar is goeters wat ek met die meisies en van my vrinne aanvang waarmee ek ook nie kan stop nie. En as ek begin blue movies kyk, dan kan ek ook nie stop nie. Ek hou nie van alleen wees nie, so ek nooi altyd almal om saam met my te kom, dan leer ek hulle alles wat ek op die movies sien en in die boeke. Partykeer kyk ons almal saam en maak ougat met mekaar. Dit lyk vir my die ander kan stop met verkeerde dinge doen, maar ek kan nie. Ek kan nie eers ophou vloek nie en almal se ek vloek verskriklik lelik.

“Ek hou van guns en ‘n geskietery. En van messe. Nou die dag het hulle sommer ‘n laaitie se arm afgesteek dat dit bloei en pap hang. Ek dink die hele storie was oor drugs. My oupa het eendag met sy gun uit die huis gehardloop en dit in die lug rondgeswaai. Daar was baie kinders want dit was tyd vir Kids Club en almal het geskree en in antie Lewena se huis in gehardloop. Ek het dit gelike om te sien hoe bang almal was. Ek was nie bang nie. Die polieste het gekom en ‘n man in die van gegooi en ek het sommer die man deur die venstertjie gaan vloek.

“My ouma en oupa is nou al dood. My oupa het die klopse afgerig en my ouma was ‘n shoplifter. Sy het altyd vir ons lekker name brand skoene en klere gebring en dan kon ek hard in die ander kinders se gesigte gelag het wie se klere en skoene stukkend was.

“Almal sê my ouma het haar bekeer voor sy dood is. Ek weet nie wat dit beteken nie, maar almal het bly gelyk daaroor.

“Nou die aand het die Junky Funky Kids op my pa geskiet daar by die stasie. Gelukkig is hy nie dood nie. Hy skel en vloek my baie, maar hy is my pa en hy kyk darem na ons. Hy kyk dat dinge reg loop by die taxi rank en hy verkoop luxuries en hy het ‘n kar ook.

“Ek weet nie of my drome gaan waar word nie, maar die gangsters hou van my en gee nie om as ek hulle afluister in hulle hokke waar hulle meetings hou nie.

“Ek dink al hoe meer ek is twee mense en ek hou al hoe minder daarvan om my duim te suig. Dalk word ek net een mens. ‘n Ag.”

“Iets het gister gebeur… my pa is geskiet daar op die stasie. Daar was elf skote en ‘n hele paar daarvan was in my pa se kop. Hulle sê hy is dood, my suster sê ook so, maar ek gaan nou kyk of ek hom kan wakker skud. As hy nie wakker word nie gaan ek myself ophang…”

Woordelys:
28 – tronkbende
Tjappie – tatoe
Poppestukkies – animasie dvd’s
Madrassa – skool waar kinders leer oor die Moslem-geloof
Blue movies – pornografiese flieks
Ougat maak – mekaar sodomiseer
Junky Funky Kids – Die naam van ‘n bende
Luxuries – lekkers, sjokolades, ens.
Ag – kort weergawe van 28 tronkbende

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Breakfast-on-the-go en ons volgende verjaardagviering

Vroegoggend op 11 Mei het ‘n klompie van ons in die middestad van Kaapstad bymekaargekom om mense te gaan verras met
die Here se liefde.

Ons was voorbereid met ontbytpakkies wat bestaan het uit muffins, vrugtesappe, grondboontjies en nog lekkernye. Ons het die Here vertrou vir Goddelike afsprake en soos wat Hy altyd getrou is, het Hy ons nie teleurgestel nie.

Baie dankie aan elkeen wat gehelp het om dit moontlik te maak.

Ons volgende 50ste verjaardagviering is op 17 Julie en dit gaan die vorm aanneem van ‘n sop-aand, met getuienisse van Straatwerk. Dit is belangrik dat jy RSVP voor 7 Julie.

Vir meer inligting skakel vir Lisa by 021 930 8055 of stuur ‘n epos na lisa@straatwerk.org.za

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
Oupa (96) weer op sy pos

Hannes van der Merwe

Oupa (Leonard Ethelbert) het so verswak na mediese komplikasies en ‘n tyd in die hospitaal, nou ongeveer ‘n jaar gelede, dat hy net nie meer krag gehad het om soos van ouds gereeld vroeg op te staan en skofte te gaan doen by Ophelp Projekte nie. Die gevolg was dat hy maar redelik eensaam daagliks homself vermaak het in en om Straatwerk se Woodstock huis. (Hy het wel gereeld vir wandelinge gegaan, en getrou aan homself, soms redelik ver.)

Oupa het elke nou en dan gepraat van weer “teruggaan werk toe”. In die normale gang van sake was dit net ‘n droom, en ek (en die ander in die huis) het maar saam met hom gedroom. Maar Oupa het nou “opgestaan en weer werk toe gegaan”– by die Mowbray-depot: Vir drie weke reeds staan hy weer vroeg op, gaan werk toe, doen sy skof en kom terug huistoe – alles op sy eie. Hy is 96 jaar oud.

As ‘n gevolg het ons bestuur hom “honarary status as Jesus Save Daily First Teamer” toegeken. (‘n Eerstespanlid kry R40 per skof.) Oupa is hoogs in sy noppies daaroor want dis meer as wat hy verwag het (die betalingsvlak het tydens sy afwesigheid en sonder sy kennis verhoog!)

Twee staaltjies uit hierdie tyd:
Oupa haal die gebruiklike (mini) “taxi” na die depot en terug. Die koste is R6 per rit. Een oggend gee hy die “guardjie*” R7, en soos hy afklim verwag hy sy R1 kleingeld. Die guardjie gee hom net ‘n 20 sent stuk. Oupa is egter skerp genoeg om dit op te merk, en hy sê dat dit nie reg is nie. Maar die guardjie sê net dat die munt darem iets werd is en skree aan die bestuurder om te ry, wat toe ook gebeur. Dit was redelik duidelik ‘n uitbuiting van Oupa se kwesbaarheid (ons gemeenskap ken dit) en hy het dit swaar gevoel want hy is nie net liggaamlik kwesbaar weens sy ouderdom nie, maar finansieël ook.

‘n Ander keer op die taxi gee hy weer R7 en toe kleingeldtyd kom, vra die guardjie “watse kleingeld?” Ewe kordaat, vat Oupa hom aan, want hy het die R7 via ‘n medepassasier aangegee: “Ask this lady, I did give you a R5 and a R2″. Die antwoord (weereens die uitbuitery!) was: “Never mind Oupa, what can an old man like you do with R1?” Maar Oupa antwoord vinnig met ‘n wysende vinger: “Not so! Rather, what can a young man like you do with R1?” en die hele klomp passasiers lag hartlik oor hierdie wysheid – soveel so dat die R1 gou oorhandig was.

*Dié persoon sorg dat almal in die taxi betaal vir die rit en besluit ook wie waar moet sit om maksimum passasiers te vervoer.

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Sylvia vind God … en haar roeping

Die getuienis van Sylvia Ramazani, soos getranskribeer van die radioproram 20/20 Visie op Tygerberg 104fm. Hierdie program is op 10 Junie 2015 uitgesaai.

Sylvia is oorspronklik van die Demokratiese Republiek van die Congo en het vir 16 jaar in Kaapstad gebly. Aan die einde van Mei is sy terug na haar land met die hoop om weer herenig te word met haar familie. Sylvia het in die tyd ontdek dat sy ‘n gawe het om na babas te kyk.

Ons doel met hierdie program was om ‘n vraag te beantwoord waarmee baie mense sukkel:
Kan vroue wat in prostitusie is regtig verander? “I came with my boyfriend to Cape Town but then he left and I was on my own. My friend from the Congo was living in Sea Point and said that I must come and live by him. He was keeping women in the house and selling drugs. Beautiful ladies were staying in the house, more beautiful than me. I helped in the house. They went out in the night and came home with money. They bless me with money. I started to smoke cigarettes. I washed their clothes and cooked and cleaned for them. I loved them as I loved myself.

“Then I started to do drugs. At first I didn’t feel anything. I felt nothing in my body. Over years and years it destroyed all of my body. My family wasn’t involved in prostitution and drugs. I started selling my body to buy drugs and to have somewhere to stay. I got involved with a drug dealer. It wasn’t a man it was a woman from Cameroon.

“She gave me a place to stay, buy me clothes, me I worked for money for her. From those times I didn’t feel happy. I thought maybe there was a God calling me.

“For five years I just felt that something was lost in my body. I saw that people who were selling drugs were driving nice cars, wearing nice clothes and I had nothing. My life was only in the drugs.

“God was calling me. People from God came to me on the street, walking the road, encouraging the ladies and they prayed for you. They would ask you: ‘Are you happy with this life that you have? Do you want to leave this lifestyle?’ They didn’t force us to come to God.

“Sometimes I ran away when the car stopped for me. But mostly I listened. Many times I asked them for prayer. Sometimes I saw them talking to another lady on the corner and then I disappear.

“Life became more sore in my heart. I can make money, that money is not really for myself. Money for selling my body but I had to share it with someone else. I was not happy for my life. “Many men would stop for you. They will give you money, but sometimes they ask: “You a tall, beautiful and intelligent lady. You are a nice lady. Why are you standing here selling your body?’

“I was tired. I was feeling no more. Suffering with no family around and just selling my body all the time. Money I earn on the street for other people. You see no profit in this business. Easy come easy go money.

“Then I went to the Methodist church in Brooklyn. I met Pastor Duke and he gave me at test. He told me that no person can love me like Jesus, and God loves me and Jesus, he died for my sin. He said that if I believe in that and give my life to God, God will change me. And it was the truth. The second day I came back to pastor Duke for help. Pastor Duke helped me too much.

“He sent me to the Ark rehabilitation, a Christian place. You go to the Bible school, discipleship school. For six months I had to humble myself and gave my life to the Lord. During that time the Holy Spirit was touching my life. People around me didn’t understand that I was so very happy. That happy now make me to love God. I’m not working but I eat. God is good.

“Five years ago I gave my life to God. It was not easy. You only see the benefit later. The way I’m feeling now, I’m walking with God. I love God. God did change my life.

“He gave me a spiritual mama. It was not easy to stay there. She was teaching us the way of the Christian life. You can’t wear this clothes, you can’t do this and you can’t do that, but from that time I didn’t understand but when I surrendered myself to God himself, and God did change me. And God healed.

I don’t walk with the fear, I’m not scared of the darkness life because I was not born to be a prostitute. I experienced a lot of pain but now it was over. I can encouragement those who are still in the darkness.”

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
Hallo, my naam is Zins…

“Almal noem my Zins, maar eintlik is ek Zinovia Angelina Abrahams en ek het ‘n sertifikaat vir ballroom dancing gekry toe ek maar net vyf jaar oud was. Ek huppel en dans nou nog oral waar ek wil wees. Ek en van die ander kinders sing partykeer liedjies en gooi ons lywe totdat al die anties by die Kids’ Club freak. Ons lag dan net omdat hulle so stervy is.

“Ek is die kleinste in die netbalspan en my netbalrokkie is altyd te groot. Ek worry nie, want die spanne wat teen ons kom speel dink ek is nog klein, maar dan verras ek hulle, want ek is die vinnigste in ons team. Ons speel meestal op Sondae ons netbal
games in die parkie en my pa maak gewoonlik een of ander skandaal langs die baan. Hy praat gans te veel as hy so dronk is en dan lag almal vir hom. Ek bly maar vêr weg as hy so is, want dit is embarrassing voor al die mense.

“Ek was een van die eerste kinders by die Kids’ Club en ek onthou nog die hot chocolate kerk wat ons op Donderdagaande gehou het. Ek het sommer met my pajamas gegaan en altyd met handevol five bobs daar aangekom, want ek was goed met die dobbelmasjien by die antie se games room om die draai. Eers dobbel en dan kerk. Die dobbelmasjien is nie meer daar nie, so die five bobs is maar min.

“Ek wil altyd alles van almal weet. Ek wil weet wat die teenage girls by die Monique groep op ‘n Dinsdagaand praat. Een aand het ek hulle afgeluister en hulle het gepraat oor boobs en bras en boyfriends en ek het maar net doodstil sit en luister. Ek weet ek gaan eendag die goed moet weet, so dit is gefile in my brein. Ek wens ek is al twee jaar ouer dat ek ook binne kan sit by die ander girls. In die winter vries my tone as ek so buite moet staan en afluister.

“Ek het ‘n special gift. Ek kan myself invisible maak en dit is hoe ek alles sien en hoor. Die grootmense dink hulle het geheime…
hahaha…Invisible Zinz weet alles.

“My foto is opgeplak by antie Tish se stoor by Straatwerk waar sy werk wanneer sy nie by ons in Badsberg Close is nie. Dit is al vir jare daar en ek lyk vir myself net dieselfde. Ek groei net mooi niks. Dalk kry ek nooit eendag boobs en bras nie.

“Dis lekker daar by antie Lisa se huis by Straatwerk. Ons gaan elke jaar Krismis soontoe dan swem ons en spring op die jumping castle en gly op die slippy slide. En ons kry facepaint en hardloop aartappelresies. En ons kry gifts. Ek kry altyd nice goete en ek
dink ek is die anties se favourite kind.

“Mense sê ek is slim, want my ma is baie slim. My rapport is altyd mooi. My boetie is ook baie slim en hy is al in die hoërskool. Hy gaan nie Heideveld Sekondêr toe nie. Hy is te slim vir daai gangster skool. Ek en my boetie is albei in die klopse, hy speel die
trompet en ek die simbale. Nuwejaar is ‘n wonderlike tyd.

“Ek het nog ‘n broertjie en ‘n baby broertjie. Hy is nie eintlik meer ‘n baby nie, want hy weet hoe om die karre wat in die jaart staan se wiele af te blaas met ‘n klippie. Ek wonder regtig wie dit vir hom geleer het. Hy is seker ook slim, want hy verstaan vinnig en onthou hoe om dit te doen.

“Ons bly agter in mamma Joan se jaart. Ons sê almal vir haar mamma, maar sy is eintlik my ouma-grootjie. Ons huis is van vibecrete en die nuwe Kids’ Club klas is langs ons huis. Dit was exciting om te sien hoe die klas gebou word en hoe boeta Armien moes meet en pas om die klas in die klein spasie te kry.

“Daar is duiwehokke ook op ons jaart. Racing pigeons. Ek wonder hoe werk die storie, want mense wed en wen geld, amper soos dobbel en met die dobbelmasjien wat nie meer om die draai is nie sal ek ‘n ander plan moet maak. Net jammer ek kan nie die pigeon meetings wat in die duiwehok gehou word afluister nie. Hulle praat net té sag. Ek word nogal baie huiswinkels toe gestuur vir brood en melk en los entjies en dan gee die mense my darem ‘n five bob vir my moeite.

“As ek nie weet wat om met myself te doen nie, dan loop ek maar so in die neighbourhood rond en soek na mense om af te luister en as ek iets wil hê sal ek aanhou en aanhou en aanhou totdat die mens ja sê. Dis ook seker een van my gifts. Ek is aanhoudend.
En invisible.

“Almal wat in Heideveld bly sê dis ‘n junk plek. Ek sê dis omdat hulle vergeet het hoe om te huppel en dans.”

stervy – streng
five bob – 50 sent
entjies – sigarette

Posted in Artikels   Tagged , | Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]

By Straatwerk hou ons vanjaar fees om ons 50ste bestaansjaar te vier, so maak gerus sommer nou al ‘n nota van die volgende belangrike datums. Om deel te neem aan van die geleenthede, skakel gerus vir Lisa Truter by 072 390 7437, of stuur ‘n epos aan lisa@straatwerk.org.za

Paasfeesuitreike

1 April, middag: Gemeenskapsuitreik in Heideveld saam met die kinders van die Kid’s Club*.
2 April, aand: Diensevangelisasie naguitreik in Voortrekkerweg.
3 April, oggend: Breakfast-on-the-go uitreik*.
3 Apil aand/vroeë oggendure: Diensevangelisasie uitreike op die strate van Kaapstad.

Benodighede

  • marshmallow paaseiers;
  • borg ‘n armband teen R10 elk (dit word gebruik in die uitreike);
  • hot cross buns vir Goeie Vrydag se breakfast-on-the-go; en
  • hoendereiers vir Goeie Vrydag se breakfast-on-the-go.

 

Mei

17 Mei, vroegoggend: Strate skoonmaak en diensevangelisasie uitreik in die middestad van Kaapstad. Die geleentheid sal vroeg genoeg wees dat jy betyds terug sal wees vir jou kerkdiens, veral as jou kerk in die middestad geleë is*.

Benodighede

  • borg ‘n muffin teen R3 elk.

 

Junie

16 Junie, heeldag: Werkstasies by Straatwerk se hoofkantoor om poppies te brei en vas te werk en hartjies te maak vir die Waardevol vir Jesus-veldtog*. Hoekom dupliseer jy nie hierdie geleentheid in jou eie area vir Jeugdag nie? Laat weet ons!

Benodighede

  • wol ; en
  • stopsel.

Julie

17 Julie, aand: Sopaand met getuienisse vanuit verskillende bedieningsfasette
van Straatwerk.
 

Augustus

14 Augustus, aand/vroeë oggendure: Diensevangelisasie uitreike op die strate van Kaapstad saam met die Groote Kerk se 350ste herdenking.

Benodighede

  • borg ‘n bottel mineraalwater teen R5 elk; en
  • borg ‘n pakkie grondboontjies teen R3 elk

 

September

18 September, aand/vroeë oggendure: Diensevangelisasie uitreik met vrywilligers van die afgelope 50 jaar.

20 September, oggend: Dankseggingsdiens by Wynberg NG Gemeente. *kindervriendelik

Posted in Artikels   Read more...
 

Dynamic TitlesNew!

To use a dynamic title simply enter any hex color code along with your title into any widget's "Widget Flag" field in the widget admin area as shown:

Examples:
#F0F0F0 Hot
#FF0032 Find
#030303 Info
#000000 Popular


You must enter the suffix exactly as shown with a space after the color and no dashes.

For the default background image, use "none" in place of the color, or just use a single space before the word.
Donate Today!
Get the latest news and updates by subscribing to our newsletter. Just sign up to the right and you'll be added to our newsletter!
Signup to our Newsletter:

Login

Publish a login form or anything you want to this position.

Register

Publish a registration form or anything you want to this position.