register(); ?> Aksie Immanuel 2015 on Straatwerk

NEW! Drop Down Now Included In Vertex

This month another new addition to the Vertex Framework is the S5 Ultimate Drop Down. This is a feature that was seen in several Shape 5 designs. Many have asked how to add to other designs so we decided to build this into the framework so every design here on out will have this functionality. Be sure to read more about this new feature here: Features:

  • Customize almost everything! Shadows, borders, gradient, opacity
  • Contains 6 module positions drop_down_1, drop_down_2, drop_down_3, drop_down_4, drop_down_5 and drop_down_6
  • Auto adjust to the height of your content
  • Set your own open and close text
  • And many more features!
Open Panel
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
Aksie Immanuel 2015

Vanjaar se Aksie Immanuel tema is: Dream the impossible dream… (wat ook deel was van Straatwerk se 50ste verjaardagviering).

Ons program sal min of meer soos volg verloop:

Donderdag 17 Desember
Kersfeespartytjie vir die kinders wat deel is van die Zoë Trust Kids’ Klub (4-7 jariges)

Vrydag 18 Desember
‘n Laataand diensevangelisasie-uitreik vanaf 21:30 – 02:00 in die middestad van Kaapstad, Groenpunt en Seepunt

Saterdag 19 Desember
Dangerous Women byeenkoms– ‘n samekoms van vroue wat ‘n besluit gemaak het om die Here te volg. Meeste van die vroue
kom uit gebroke agtergronde en ons het deur die jare die voorreg gehad om die pad van val en opstaan saam met hulle te
loop.

Sondag 20 Desember
‘n Vroegoggend skoonmaakskof wat om 07:00 afskop, waar ons al die papiere, bottels en ander rommel gaan opruim van die vorige aand se partytjies wat in die stad gehou is. Breakfast-on-the-go pakkies sal ook aan mense gegee word om die Here se liefde op ‘n praktiese manier vir hulle te wys.

Maandag 21 Desember
‘n Etensuur dankseggingsdiens saam met die deelnemers van Ophelp Projekte by die St Andrews-kerk in Groenpunt. Koeldrank, muffins en boereworsrolletjies sal voorsien word.

Dinsdag 22 Desember
Aanduitreik in Voortrekkerweg, Parow

Woensdag 23 Desember
Nog ‘n kreatiewe uitreik…

Donderdag 24 Desember
Oukersaand- uitreik in die middestad van Kaapstad

Kersdag 25 Desember
Laatoggend uitreik na mense wat op die strate ronddwaal in Voortrekkerweg, Parow

Behoeftes…

  • gewillige hande;
  • finansiële bydraes;
  • toiletware (seep, waslappe, handdoeke, tandepasta, tandeborsels, aanrol deodorant, ens.) – ons voorrade is uitgeput na die jaar
  • tweedehandse klere vir mans (veral groottes 28-34), kinders en tieners; damesklere is ook welkom, alle groottes;
  • skryfbehoeftes (inkleurpotlode, draaikryte, penne, potlode, uitvëers, inkleurboeke, potloodsakkies, skêre, ens.);
  • selfone in werkende toestand;
  • koffie, tee, suiker en langlewe melk vir besoekersgroepe op Vrydagaande;
  • nie-bederfbare produkte;
  • suigstokkes, aartappelskyfies, koeldrank, pakkies grondboontjies, lekkers, koekies, ens. vir die uitreike en kinderpartytjie;
  • borg ‘n boereworsrolletjie – vir die deelnemers wat Ophelp Projekte se dankseggingsdiens gaan bywoon – teen R15 elk;
  • borg ‘n breakfast-on-the-go ontbytpakkie teen R15 elk; en
  • twee-liter roomysbakke.
Posted in Artikels  
 
 Straatwerk  / Aksie Immanuel 2015
Donate Today!
Get the latest news and updates by subscribing to our newsletter. Just sign up to the right and you'll be added to our newsletter!
Signup to our Newsletter:

Login

Publish a login form or anything you want to this position.

Register

Publish a registration form or anything you want to this position.