register(); ?> Die ‘blonde roos’ van Bloemfontein on Straatwerk

NEW! Drop Down Now Included In Vertex

This month another new addition to the Vertex Framework is the S5 Ultimate Drop Down. This is a feature that was seen in several Shape 5 designs. Many have asked how to add to other designs so we decided to build this into the framework so every design here on out will have this functionality. Be sure to read more about this new feature here: Features:

  • Customize almost everything! Shadows, borders, gradient, opacity
  • Contains 6 module positions drop_down_1, drop_down_2, drop_down_3, drop_down_4, drop_down_5 and drop_down_6
  • Auto adjust to the height of your content
  • Set your own open and close text
  • And many more features!
Open Panel
Die ‘blonde roos’ van Bloemfontein

Lisa Truter

Eendag, ‘n hele paar jaar gelede, het ‘n “blonde roos” besluit om Bloemfontein te verruil vir ‘n apartment in Blue Waters-woonstelblok, Seepunt…en hierdie eenvoudige ruiling het ‘n Seepuntse dominee senuweeagtig na sy telefoon laat gryp…

Die eerste week in Junie 2013 het my weer die Blue Waterswoonstelblok insident laat herleef toe Torings van Hoop, ‘n bediening in Bloemfontein, ons uitgenooi het om ‘n werkswinkel aan te bied met uitreike na vroue vasgevang in prostitusie as tema. Dit was ‘n wonderlike naweek van huisbesoeke aan pragtige, maar gebroke vroue vasgevang in die web van prostitusie en dwelmmisbruik.

Wonderlike oomblikke is ervaar tydens die werkswinkel waar ons saam ontdek het wat die Here se wil vir hierdie vroue is. Ons kon ook Bloemfontein se strate beleef, gewapen met koffie en worsbroodjies vir die vroue.

Met die Vrydagaand se straatuitreik het ons span ‘n meisie ontmoet. Sy was maar karig aangetrek op dié koue aand in Bloemfontein, plankdun en net 17 jaar oud. Ons kon sien sy was vreesbevange. Haar ouers is in 2007 oorlede en sy en haar boeties en sussies het by hulle ouma gaan bly. Sy het in 2010 weggeloop en hulle het haar nooit weer gesien nie. Sy bly by ‘n koppelaar (‘pimp’) en ‘n soort-vanvriendin.

Sy het gesukkel om ons in die oë te kyk en een van haar eerste sinne aan ons, in ‘n fluisterstem, was: “They rape us, but they don’t even pay us.” Met ‘n koppie koffie en worsbroodjie kon ons die liefde van die Here met haar deel en sien hoe sy soos ‘n honger, bang en onseker diertjie die broodjie en koffie gulsig afsluk. Daar was nog baie vroue, almal honger vir liefde en hoop. Mag die Here die bediening van Torings van Hoop seën en lei in hierdie wonderlike nuwe seisoen.

Terug by die arme dominee van jare gelede…die “blonde roos” het by hulle kerkkantoor aangeklop vir hulp en sommer in duidelike terme verduidelik hoe sy die brood op die tafel sit. En hoe meer sy verduidelik het, hoe meer het die dominee besef: Phone a friend. En daardie vriend was Fourie.

Ek en Fourie het sommer dadelik na die apartment gegaan en aan die deur geklop. Die vrou se seun het oopgemaak en ons baie vriendelik ingenooi. Sy het op die dubbelbed gesit en regs van haar het die masseerbed gestaan. Daar was nie ‘n stoel in sig nie, so Fourie het maar so gesit-lê op die bed en ek het langs haar gaan sit. Op haar bedkassie was ‘n Bybel en so drie Solly Ozrovech dagstukkie boeke. Sonder dat ek iets gevra het, het sy gesê: ‘Ek kan nie in die aand gaan slaap as ek nie my stukkie Bybel en oom Solly vir die dag gelees het nie.’

Die uiteinde was dat sy en haar seun terug is na Bloemfontein. Ek wonder of sy dalk een van die vroue was wat ons die Vrydagmiddag tydens die opvolgbesoeke ontmoet het. Prostitusie vervorm en vermink vroue so vining dat ek haar heel moontlik nie eens meer sou kon herken nie. Ek het ook daar op die oop vlakte gewonder of sy ooit nog leef en hoe dit met haar rooikop seun gaan wat net nie op skool kon vorder nie.

Dalk moet ons almal maar meer senuweeagtig na die telefoon gryp, wanneer ons dinge teëkom wat ons ongemaklik maak en saam begin opstaan vir die dinge wat besig is om die hart van ons land te vernietig.

Posted in Artikels  
 
 Straatwerk  / Die ‘blonde roos’ van Bloemfontein
Donate Today!
Get the latest news and updates by subscribing to our newsletter. Just sign up to the right and you'll be added to our newsletter!
Signup to our Newsletter:

Login

Publish a login form or anything you want to this position.

Register

Publish a registration form or anything you want to this position.