register(); ?> Diensevangelisasie on Straatwerk

NEW! Drop Down Now Included In Vertex

This month another new addition to the Vertex Framework is the S5 Ultimate Drop Down. This is a feature that was seen in several Shape 5 designs. Many have asked how to add to other designs so we decided to build this into the framework so every design here on out will have this functionality. Be sure to read more about this new feature here: Features:

  • Customize almost everything! Shadows, borders, gradient, opacity
  • Contains 6 module positions drop_down_1, drop_down_2, drop_down_3, drop_down_4, drop_down_5 and drop_down_6
  • Auto adjust to the height of your content
  • Set your own open and close text
  • And many more features!
Open Panel

Naguitreike

By Straatwerk glo ons dat ons die woord en daad van evangelie moet balanseer. Tydens ons naguitreike skep ons diensgeleenthede waartydens gelowiges hulle “geestelike spiere” kan oefen. Ons fokus is op nederige diens, sonder om iets terug te verwag.

Diensevangelisasie wen die hart voor dit die gedagtes konfronteer.

Vrywilligers

Vrywilligers van verskillende kerkdenominasies neem deel aan die uitreike wat duur tot in die vroeë oggendure. Op hierdie manier versterk ons die verhouding tussen Straatwerk en kerke en strewe so ook om ‘n ware voorbeeld van die Liggaam van Christus in aksie te wees.

In-diens opleiding

Vir jeuggroepe, selgroepe en kerkgroepe wat vir die eerste keer saam met ons uitreik, fokus ons op praktiese opleiding voor elke uitreiksessie.

Sleutelwoorde in die naguitreike:
• teenwoordigheid;
• sigbaarheid;
• praktiese diens; en
• nie-konfronterend.

Dade van liefde + woorde van liefde + God se perfekte tydsberekening = die fokus van hierdie uitreike.

Deur diensevangelisasie kry gelowiges en die stukkende wêreld die geleentheid om mekaar te ontmoet, of beter te leer ken.

Spesiale uitreike Aksie Immanuel (spesiale Kersfeesuitreike)

Vanaf middel Desember tot Kersdag koördineer ons ‘n aantal uitreike. Vir baie mense is hierdie ‘n eensame tyd en die Here stuur ons na die gangetjies en stegies om mense te dien.

Paasfeesuitreike

Tydens Paasfeestyd neem ons die boodskap van verlossing en vergifnis op verskeie kreatiewe maniere na die strate.

Spontane uitreike

Verskeie groepe besoek ons om uitreike op straat te ervaar. Saam met die deelnemers stel ons maatpas programme vir elke groep op.

Dié naglewe het ons aan die ‘nag’ van die sondigheid in die lewe van die naglopers – soos ons hulle genoem het – voorgestel. ‘n Leefwyse waaraan die jeug van ons land al hoe meer blootgestel sou word en waarby sommige onskuldig en ander met oop oë betrek sou word. Baie van hule sou ons pad kruis. Sommige sou ons vind in smerige, stinkende hole, ander in destydse verbeteringskole, in polisieselle, tronke, inrigtings vir dwelmslawe en alkoholiste, gesellinklubs en talle op die bote in die hawe. Daar was ook van hulle wie se lyke ons in die staatslykshuis sou moes gaan uitken.

In die vertrek waar ons bymekaargekom het om saam te gesels en te bid, het dit nog goed gegaan, daar tussen ons vriende in die Here. Maar wanneer ons daar uitgestap het, die donker en onbekende in, waar die onrustige, polsende musiek oorverdowend die onsekerheid en rebelsheid van die vasgevangde naglopers gevoed en meegesleur het dán het dit skielik koud geword buite en was ‘n mens so bewus van jou eie onvermoë en onbeholpenheid. Ons het uit ons plek gevoel. Ja, soms bang in die vreemde wêreld van oorverdowende musiek, die reuk van dwelms in die lug en die kruheid van vuil taal in ons ore.

(Geneem uit Met Christus op Straat, geskryf deur ds. Pietie Victor, stigter van Straatwerk in die sestigerjare.)

 
 Straatwerk  / Diensevangelisasie
Donate Today!
Get the latest news and updates by subscribing to our newsletter. Just sign up to the right and you'll be added to our newsletter!
Signup to our Newsletter:

Login

Publish a login form or anything you want to this position.

Register

Publish a registration form or anything you want to this position.