register(); ?> Hallo, my naam is Johnny… on Straatwerk

NEW! Drop Down Now Included In Vertex

This month another new addition to the Vertex Framework is the S5 Ultimate Drop Down. This is a feature that was seen in several Shape 5 designs. Many have asked how to add to other designs so we decided to build this into the framework so every design here on out will have this functionality. Be sure to read more about this new feature here: Features:

  • Customize almost everything! Shadows, borders, gradient, opacity
  • Contains 6 module positions drop_down_1, drop_down_2, drop_down_3, drop_down_4, drop_down_5 and drop_down_6
  • Auto adjust to the height of your content
  • Set your own open and close text
  • And many more features!
Open Panel
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin

“Ek was baie opgewonde toe ek sien dat daar nuwe mense in ons straat gaan intrek. Ek het sommer dadelik oorgestap toe hulle begin het om die huis te renovate. Ek was 14 jaar oud en nie meer in die skool nie. Dit was net ‘n klomp vroumense wat probeer het om die plek te verf. Hulle het junk cheap verf gekoop wat sommer van die muur afgeloop het soos mens verf. Ons het baie gelag en hulle het beter verf gaan koop. Ek was baie trots op die huis toe dit klaar was. My handewerk. En dit was goed.

“Heideveld is ‘n ander tipe plek. Hulle se mos: You live by the gun, you die by the gun, maar op 14 het ek nog hoop gehad. Die nuwe mense wat ingetrek het, het eintlik vir my hoop gegee want hulle het probeer om my in ‘n skool in te kry. Vir een of ander rede het dit nie gewerk nie.

“Nadat my ouma en oupa dood is, het dit gevoel asof my hele lewe begin float. Dan is ek hier en dan is ek daar. Ek bly by my ma en pa en boetjies en sussie in ‘n netjiese huis en ons het nice honne ook, maar ek kon net nie meer ‘n grip op my lewe kry nie. Ek onthou goed die dag dat my ouma dood is. Soos gister. Ek was baie lief vir haar. Sy was die glue wat die family bymekaar gehou het. Sy het ook maar ‘n wilde lewe gehad, maar hier op die einde het sy haarself bekeer. Sy was eintlik al die jare Catholic, maar sy het bietjie vergeet van die Here. Mense was in en uit die huis, heeltyd. My hart was so seer ek wou net die hele tyd gil en skree om die seer uit te kry.

“Eendag het ek en van my vrinne besluit om vir ons ‘n lekker sterk hok te bou, daar op die een jaart. Ons was in elk geval besig met verkeerde dinge, so ons besluit toe maar om onsself lekker in te rig. Staalplare en net ‘n loergaatjie. Drugs was ons main ding. En ek het begin hard word vir die lewe en vir mense. Jy betaal jou drugs of jy word opgeneuk. Finish en klaar.

“Kinders het voor skool kom drugs koop, sommer so met hulle skoolklere aan. Die straat was baie besig en ons het runners begin nodig kry. Hoe jonger jou runner, hoe minder is die kans die die polieste jou kan vastrek. Hulle kyk nie eintlik uit vir kinders nie, meer vir jongetjies soos ekself. Die ander goeie ding van kinders is dat hulle vinnig hardloop en doen wat jy sê. En hulle soek net ‘n paar rand vir hulle moeite. Dit is die minste probleme om jou saak so te bedryf.

“My nefie is ‘n runner en ek het gehoor dat hy by die Kid’s Club gaan sê het dat hy nie meer met drugs wil deal nie. Hy het nie ‘n keuse nie. Sy ma sê hy moet en die linge moet versorg word. Hulle is nog babatjies. En my laaitie moet ook versorg word. My laaitie lyk ‘n bietjie stadig, sy ma was ‘n heavy drug addict toe sy pregnant was met hom. My ma moet maar kyk hoe die kind kan regkom. Ek het daai girlfriend nogal baie geslaan oor die drugs en pregnancy storie.

“My ma sê die drugs besigheid is fine want ten minste hoef ons nooit in iemand anders se oë te kyk vir ‘n stukkie brood nie.

“Nou die dag was die hele straat vol polieste. Bullet proofs, machine guns, hand guns, bullet proof vans (nie die gewone junk vans waarmee hulle gewoonlik ry nie) en hulle het vinnig beweeg, met ‘n plan. Net jammer vir hulle dat daar niks in ons hok was nie. Hulle het my ander suster se kamerdeur afgebreek. Shame. Sy is bekeer en daar krap die poliesmanne in haar onderklere en stuff rond. Hulle was in die ceiling, in elke gaatjie, maar hulle het niks gekry nie. Die polieste bly in en uit by ons, maar dit lyk my hulle raak moedeloos. Hulle kry omtrent niks. Ek wonder wie in die straat bel die anonymous line om ons aan te gee. Well, good luck to them.

“Kersdag het ek besluit dat ons almal na ouma se graf toe moet gaan. Sy was al twee jaar dood. Die babytjie moes ook sommer saamgaan. Die Here gee en die Here neem. Ek het mooi blomme gekoop en ons het in my pa se kar tot daar gegaan. Ek het lank so by die graf gesit en gedink oor my lewe. Die drugs besigheid, my gefloatery en dit als omdat die glue nie meer daar is nie. Mens se lewe kan baie vinnig verander.

“Die res van die dag was stil, maar die aand het die hel losgebars. ‘n Geskietery, en ek en my neef was in die middel daarvan. Ek onthou nie veel nie. Die koëel was in my lyf, ek het my ma hoor skree en toe was alles verby. Net stilte. Ek was maar net 18 jaar oud.”

Johnny se seuntjie is deel van ons Babbelbekkies informele speelgroepie en behoort aan die Kids’ Club. Ons weet sy lewe gaan anders wees as sy pa en ma s’n.

Woordelys:
staalplare – sinkplate
polieste – polisie
jongetjies – jong seuns (min of meer 16 jaar en ouer)
linge – tweeling

Posted in Artikels  
 
 Straatwerk  / Hallo, my naam is Johnny…
Donate Today!
Get the latest news and updates by subscribing to our newsletter. Just sign up to the right and you'll be added to our newsletter!
Signup to our Newsletter:

Login

Publish a login form or anything you want to this position.

Register

Publish a registration form or anything you want to this position.