register(); ?> Hy ken ons… on Straatwerk

NEW! Drop Down Now Included In Vertex

This month another new addition to the Vertex Framework is the S5 Ultimate Drop Down. This is a feature that was seen in several Shape 5 designs. Many have asked how to add to other designs so we decided to build this into the framework so every design here on out will have this functionality. Be sure to read more about this new feature here: Features:

  • Customize almost everything! Shadows, borders, gradient, opacity
  • Contains 6 module positions drop_down_1, drop_down_2, drop_down_3, drop_down_4, drop_down_5 and drop_down_6
  • Auto adjust to the height of your content
  • Set your own open and close text
  • And many more features!
Open Panel
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
Hy ken ons…

Here, U deursoek my en ken my;…U ken my gedagtes van ver af. (Psalm 139:1)
Deursoek my, o God, en ken my hart; toets my onrustige gemoed… (Psalm 139: 23)

Lisa Truter

Baie ure in ‘n mens se ryding verseker dat jy jou toevlug neem tot die radio. Dan, soos dit nou maar gaan, spring jy van een stasie na ‘n ander. “Die minimum en maksimum temperature…” (tog net nie weer die weerberig nie); “We don’t care, we just don’t care…” (John Legend, hy’s goed, maar nie nou nie); en so spring ek van een stasie na die ander. Die prediker preek verwoed, die klassieke musiek speel luid en ewe skielik ‘n inbelprogram, met ‘n holruggeryde tema: Hoe lank neem vroue om hulle gereed te kry vir ‘n aandjie uit? Duidelik is ek in die old school. Aantrek is nou ‘n wetenskap, lyk dit my. Die dametjie wat die program aanbied neem twee ure. ‘n Halfuur om hare te doen, ‘n uur vir haar grimering en dan nog ‘n halfuur om aan te trek, bygesê, dan is daar al in die afgelope week besluit wat om aan te trek. Sy neem besluite oor haar klere op grond van die skoene wat sy aantrek, want sy het ‘n paar skoene vir elke uitrusting. Wat het geword van drie paar skoene wat dienlik by alles pas? (My ma het my nog geleer van die swart, bruin en kerkskoene.)

Die jong man wat saam met haar die program aanbied sê sy hare vat ten minste 15 minute en hy bad nie voor hy uitgaan nie, want hy sweet in elk geval as hy dans; hy stort as hy terugkom. Wat hom die langste neem is om te besluit watter styl klere hy gaan aantrek – is dit vanaand retro of meer funk of branded of neutrale klere?

“I take an hour to do my make-up because I like detail. If I do smokey eyes for the evening, I need to know that I have the best smokey eyes in the club. Later when I go to the bar, I need to know that people will notice the detail, from my eyes to my shoes. When I enter the club I need to know that I will not go unnoticed.”

Wanneer ek saam met ons uitreikspanne by die nagklubs rondloop en al die mense sien, dan bly ek wonder: “So poppie, ‘n hoeveel uur gesiggie is jy?”

Caroline het nie ‘n drie-uur gesiggie nie. Sy het nie eens ‘n 15-minute gesiggie nie. Snye, merke, donker kringe onder die oë, min tande en dienlike afgeloopte swart skoene. Sy hoes, sy hyg, sy stap swaar, maar sy het die mooiste glimlag wat ek nog ooit gesien het. Haar hele gesig verander in een groot kreukel as sy lag. Ek wonder hoe sal sy lyk met smokey eyes? Detailed smokey eyes? Siestog, haar oë traan so aanhoudend dat die smokey eyes se mascara seker binne minute op haar kreukel wange sal lê. Wat ‘n spektakel – so much for smokey eyes. Los vir Caroline met die vaseline (as daar is) nagroom en vaseline dagroom en vaseline onderlaag en vaseline blusher en vaseline smokey eyes.

Die Here ken ons, onder ons smokey eyes en donker kringe.

Mag jy vanjaar toelaat dat die Here jou ken, agter die skerms, agter die maskers, sodat ons saam kan verklaar: “Almal wat glo, is nou vry. Ons kan die Here se heerlikheid weerkaats sonder dat daar sluiers oor ons gesigte hang. Hoe meer ons die Here se grootheid raaksien, hoe meer word ons lewe verander om sy ongelooflike heerlikheid te weerkaats. Dis natuurlik die Here self, Hy wat Gees is, wat ons verander om al hoe meer te lyk en te leef soos Hy dit wil hê.” 2 Korintiërs 3:18 (Die Boodskap)

Groete van Fourie en almal by Straatwerk

Posted in Artikels  
 
 Straatwerk  / Hy ken ons…
Donate Today!
Get the latest news and updates by subscribing to our newsletter. Just sign up to the right and you'll be added to our newsletter!
Signup to our Newsletter:

Login

Publish a login form or anything you want to this position.

Register

Publish a registration form or anything you want to this position.