register(); ?> ‘n Ander taal on Straatwerk

NEW! Drop Down Now Included In Vertex

This month another new addition to the Vertex Framework is the S5 Ultimate Drop Down. This is a feature that was seen in several Shape 5 designs. Many have asked how to add to other designs so we decided to build this into the framework so every design here on out will have this functionality. Be sure to read more about this new feature here: Features:

  • Customize almost everything! Shadows, borders, gradient, opacity
  • Contains 6 module positions drop_down_1, drop_down_2, drop_down_3, drop_down_4, drop_down_5 and drop_down_6
  • Auto adjust to the height of your content
  • Set your own open and close text
  • And many more features!
Open Panel
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
‘n Ander taal

Meermale het Jesus gepraat sonder woorde. Die diepste betekenisse wat Hy oor God gedeel het, is gekommunikeer in
nie-verbale liggaamstaal.

Neem maar Sy vreemde geboorte waaroor ons in hierdie tyd nadink, of die moord op Hom daar op Golgota wat kliphard gepraat het, maar sonder enige verbale inmenging. Trouens die hardste en mees radikale taal wat nog ooit in menseheugenis gehoor, gevoel, gesien en ervaar is, vind ons in Betlehem en Golgota – totaal woordeloos. Jesus se sterkste vorm van praat was sy blote
teenwoordigheid. Sy Immanuel naam: God by ons.

Dit is hierdie tyd van die jaar wat ons terugdink en nadink oor 2015. Dit is onmoontlik om alles te onthou wat jy vir ander gesê het of wat hulle vir jou gesê het. Ons onthou egter baie beter daardie ervaringe van medemenslikheid, omgee, wonderwerke wat ons harte en lewens geraak het en dalk onherroeplik verander het.

By Straatwerk het ons hierdie jaar teruggedink oor 50 jaar se geskiedenis van die Here se voorsiening en sorg. Wat uitgestaan het is getuienisse van lewens wat verander het.

In al die uitreike by Straatwerk wil ons heel eerste mense se harte gaan aanraak. Ons praat van ‘n hart-tot-hart benadering en nie ‘n kop-tot-kop benadering nie. Ons sien dit elke keer prakties, byvoorbeeld, dat warm kaneelsuiker-pannekoeke wat ons in van ons uitreike gebruik het, harder praat as baie woorde.

Of jy nou al een of 50 jaar by Straatwerk betrokke is, wees verseker jou teenwoordigheid, gebede en ondersteuning maak ‘n verskil.

Mag jy ‘n geseënde Christusfees beleef.

Groete van Fourie en almal by Straatwerk.

Posted in Artikels  
 
 Straatwerk  / ‘n Ander taal
Donate Today!
Get the latest news and updates by subscribing to our newsletter. Just sign up to the right and you'll be added to our newsletter!
Signup to our Newsletter:

Login

Publish a login form or anything you want to this position.

Register

Publish a registration form or anything you want to this position.