register(); ?> Naglewe uitreike na 50 jaar – my ervaring on Straatwerk

NEW! Drop Down Now Included In Vertex

This month another new addition to the Vertex Framework is the S5 Ultimate Drop Down. This is a feature that was seen in several Shape 5 designs. Many have asked how to add to other designs so we decided to build this into the framework so every design here on out will have this functionality. Be sure to read more about this new feature here: Features:

  • Customize almost everything! Shadows, borders, gradient, opacity
  • Contains 6 module positions drop_down_1, drop_down_2, drop_down_3, drop_down_4, drop_down_5 and drop_down_6
  • Auto adjust to the height of your content
  • Set your own open and close text
  • And many more features!
Open Panel
[postdate d]
[postdate M]
Naglewe uitreike na 50 jaar – my ervaring

Hannes van der Merwe

Wat my gemotiveer het om deel te neem

“Naglewe. Dit klink so vreemd: Nag en lewe. Son en lig bring tog lewe. Tog ontwaak daar ‘n soort lewe in die stad wat net in die nag sy loop neem. Is dit dalk nagelwe of dalk nagdood? Ons Hemelse Vader stuur sy kerk, ons, om hierdie mense weer ‘n nuwe lewe in hom te bied.” (Geskryf deur wyle Ds. Pietie Victor toe ‘n klein groepie 50 jaar terug met naguitreike begin het.)

Hoe lyk dit 50 jaar later? Kom loop die strate weer saam met ons en beleef hoe ons steeds uitreik na hulle wat die naglewe van Kaapstad besoek.

So was die uitnodiging geformuleer.

Nadat ek al baie jare nie meer saamgaan op naguitreike nie, het die vraag my baie nuuskierig gemaak en my gemotiveer om daar te wees vir die geleentheid.

Die aand
Ek is aangewys as groepleier van ‘n paar oud-straatwerkers en dit was in sigself alreeds ‘n interessante ervaring. Ons het op uitreik vertrek, vol herinneringe aan die rykdom van ou ervaringe in dieselfde gebied op basies dieselfde missie. Ons het ook ‘n draai gemaak by die ou “Koffiekamer” lokaal in Breëstraat. ‘n Mens kan nie die ervaring maklik beskryf nie.

Die stad en aktiwitiete was natuurlik ‘n hele ander wêreld as dié van ouds. So ook die basiese invalshoek van spanne en hul teenwoordigheid in die naglewe: In die ou dae was die spanne verdeel in twee pare en was die aanknoping duidelik: “Kan ons met jou gesels oor die Here Jesus?” En destyds het ons, soos Oom Pietie ons geleer het, “die net so wyd as moontlik uitgegooi” deur almal wat ons raakloop so te probeer benader en dan maar sien waarheen dit lei. Nou was ons ‘n groepie, gekleed met helderkleurige bibs waarop JESUS SAVES gedruk is en met vullissakke in ons hande, al rommel-skoonmakende op soek na ‘n gespreksgeleentheid.

Ons het nie almal genader nie. Elkeen van die span het inisiatief op eie oorweging en op eie manier onderneem. Verskeie gesprekke was wel gevoer. Daar was selfs persone wat ons genader het (redelik ongewoon in die ou dae).

Ek was ‘n bietjie ongemaklik oor wat ek nou moet sê as ek iemand nader, want ek het besluit om nie die ou aanknopingspunt in die nuwe situasie te gebruik nie. Die ervaring, soos altyd, was dat dit vir ‘n mens self nie baie indrukwekkend klink nie en dat dit net die Here is waarop ons vertrou wat ons teenwoordihgheid en ons woorde lewe kan gee in die ervaring van die hoorder.

Toe kom daar ‘n jongman alleen aangeloop in ‘n redelik verlate hoek van die stad. Ek probeer maar (met ‘n ander benadering): “Waarheen is jy nou oppad?”

Hy antwoord: “Ek gaan maar huistoe”

Wat nou gesê?…

Ek probeer. “Het jy al daaraan gedink om die Here Jesus te volg?”

Hy sê toe: “Ek het op ‘n stadium die Here aangeneem en hom gedien”.

‘n Oomblik stilte.

Hy gaan verder: “Maar nou is ek op drugs…” En ek sien die hopeloosheid in sy oë. (Vreemd – hierdie ervaring 50 jaar later – dieselfde nood, dieselfde noodsaaklikheid om uit te reik!)

Ek kon opgewonde reaggeer: “Ons het net vroeër vanaand na ‘n paar getuienisse geluister en twee van hulle het spesifiek genoem hoe hulle verlossing van die dwelms ervaar het, bloot uit ‘n opregte oorgawe aan die Here en ‘n versoek aan Hom dat hy tog moet help!”

Hy sê niks.

Ek volg op: “Dit is mos moontlik, vir jou ook”.

Hy het niks gesê nie en dit was, sover ek onthou, ook die laaste woorde.

In my geestesoog het ek hom, met hoop, sien gaan na daar waar hy weet mense die Here Jesus opreg dien. Wat hy wel ervaar en gaan doen het, weet die Here.

Ons het ons spannetjie se uitreik afgesluit met gebed in die groepie en by die Here gepleit dat hy tog sal gebruik wat die aand gebeur het.

Posted in Artikels  
 
 Straatwerk  / Naglewe uitreike na 50 jaar – my ervaring
Donate Today!
Get the latest news and updates by subscribing to our newsletter. Just sign up to the right and you'll be added to our newsletter!
Signup to our Newsletter:

Login

Publish a login form or anything you want to this position.

Register

Publish a registration form or anything you want to this position.