register(); ?> Ons salueer jou, Dumisani on Straatwerk

NEW! Drop Down Now Included In Vertex

This month another new addition to the Vertex Framework is the S5 Ultimate Drop Down. This is a feature that was seen in several Shape 5 designs. Many have asked how to add to other designs so we decided to build this into the framework so every design here on out will have this functionality. Be sure to read more about this new feature here: Features:

  • Customize almost everything! Shadows, borders, gradient, opacity
  • Contains 6 module positions drop_down_1, drop_down_2, drop_down_3, drop_down_4, drop_down_5 and drop_down_6
  • Auto adjust to the height of your content
  • Set your own open and close text
  • And many more features!
Open Panel
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
Ons salueer jou, Dumisani

‘n Pragtige voorbeeld van wat deur Ophelp Projekte kan gebeur…

Volgens ons argiewe het Dumisani Bonga op 22 November 2006 by Ophelp Projekte aangesluit. Hy was een van die gereelde deelnemers wat gebruik gemaak het van die geleenthede wat daar beskikbaar was. Hy was beleefd en goed gemanierd en het gedoen wat van hom verwag is. Hy het volhard en deur hierdie gesindheid het die bestuurspan hom raakgesien.

Op 2 September 2008 is hy bevorder tot die “Eerstespan” (om deel te wees van hierdie span beteken dat jy by uitnemendheid
jou samewerking gee.) Op 23 September 2008 het Dumisani deel geword van die A-span (’n span wat werk doen wat fisiese
krag vereis).

Dumisani het volhard met sy mooi gesindheid en hom keer op keer bewys as ’n baie goeie en betroubare deelnemer aan Ophelp Projekte en het deel geword van die bestuur van Ophelp Projekte.

Uiteindelik, op 29 September 2011 het Dumisani se harde werk verdere vrug afgewerp. Hy is deur die Sentrale Stadsverbeteringsdistrikte (CCID) gekies om deel te word van hulle padinstandhoudingspan as vakleerling. Hy was deel van hierdie span tot 31 Januarie 2015, maar sy kontrak was ongelukkig getermineer.

Die pragtige deel van hierdie storie is dat Dumisani ook hierdie ongelukkige gebeurtenis gesien het as ’n geleentheid. Hy het
uit eie inisiatief besluit om homself in te skryf vir verdere professionele studies.

Ons salueer Dumisani, en bid hom die Here se seën toe op sy lewenspad verder.

Posted in Artikels  
 
 Straatwerk  / Ons salueer jou, Dumisani
Donate Today!
Get the latest news and updates by subscribing to our newsletter. Just sign up to the right and you'll be added to our newsletter!
Signup to our Newsletter:

Login

Publish a login form or anything you want to this position.

Register

Publish a registration form or anything you want to this position.