register(); ?> Ophelp Projekte on Straatwerk

NEW! Drop Down Now Included In Vertex

This month another new addition to the Vertex Framework is the S5 Ultimate Drop Down. This is a feature that was seen in several Shape 5 designs. Many have asked how to add to other designs so we decided to build this into the framework so every design here on out will have this functionality. Be sure to read more about this new feature here: Features:

  • Customize almost everything! Shadows, borders, gradient, opacity
  • Contains 6 module positions drop_down_1, drop_down_2, drop_down_3, drop_down_4, drop_down_5 and drop_down_6
  • Auto adjust to the height of your content
  • Set your own open and close text
  • And many more features!
Open Panel

Projek Opruim/Jesus Saves

Ophelp Projekte spanne lewer hande-arbeiddienste deur ongeskoolde arbeiders onder die toesig van ‘n voorman. Die spanne werk in skofte van vier ure.

Tipiese werk wat onderneem word:

  • opruim van rommel;
  • skoonmaakdienste tydens geleenthede;
  • die oppas van geparkeerde voertuie by geleenthede; en
  • op- en aflaai, asook verskuiwing van goedere.

Project Dignity/Instandhouding/Tegniese spanne

Project Dignity is vir individue wat die vermoë het om deel te neem, of selfs ‘n klein besigheid te bestuur. Straatwerk bied ‘n begeleidingsraamwerk om sulke dienste te bestuur, met die doel om hulle te vestig as klein, onafhanklike ondernemings.

Tipiese werk wat onderneem word:

  • graffiti verwydering;
  • skoonmaak en ontruiming van leë geboue;
  • knaagdierbeheer;
  • verfraaiing (van tuine) en die snoei van bome;
  • verspreiding van publikasies; en
  • die skoonmaak van stormwaterpype.

 

Vullissakke wat gebruik word per week ongeveer 920 sakke
Normale skofte per week ongeveer 70 skofte
Dignity/ tegniese skofte per week ongeveer 40 (insluitend pad- instandhouding en munisipale dreine)
Jesus Saves Daily skofte per week (skofte vir verstandelik en fisies gestremde persone) 5 skofte per week

“Gegradueerdes”

Hierdie is ‘n lys van individue wat hulself as verantwoordelike werkers bewys het en gereed is om die arbeidsmag te betree.

Project Reclaim

Ons pragtige natuurlike omgewing word vernietig deur besoedeling wat veroorsaak word deur desperate en onverantwoordelike persone wat in openbare plekke “rof slaap”. Project Reclaim bied die geleentheid vir plaaslike gemeenskappe om te belê in die natuurlike skoonheid en waarde van hulle eie woongebiede. Die projek hoop ook om die menswaardigheid van desperate mense te herstel en daarom ook die waardigheid van die gemeenskap self.

Die beoogde uitkoms is dat die gebiede wat geraak word omskep sal word in pragtige tuine wat gereeld deur die publiek besoek sal word, skoongehou sal word en misdaad vry is.

Tipiese aktiwiteite wat deur die deelnemers aan Project Reclaim onderneem word:

  • die opruim van rommel;
  • die skoonmaak van die omgewing;
  • die skoonmaak van slegte gewoontes en slegte gesindhede;
  • gemeenskapsinteraksie; en
  • die verfraaiing van die omgewing.

Project Homecoming

Die doel van hierdie projek is om behoeftiges en desperate persone die geleentheid te gee om “huis toe te kom” – ‘n aksie wat baie van ons as vanselfsprekend aanvaar – asook om die gemeenskap te inspireer om akkommodasie en behuising te vind vir sulke individue. Om hierdie doel te bereik, het ons die volgende praktiese voorbeeld:

Beth Shalom

Beth Shalom is ons eerste gemeenskaplike huishouding – ‘n plek om “huis” te noem. Inwoners word aangemoedig om na mekaar om te sien en verantwoordelikheid vir hul aandeel in die huishoudelike uitgawes te aanvaar. Die inwoners kom uit alle vlakke van die samelewing en streef daarna om mekaar by te staan, op te bou en saam geestelik te groei as volgelinge van Christus.

 
 Straatwerk  / Ophelp Projekte
Donate Today!
Get the latest news and updates by subscribing to our newsletter. Just sign up to the right and you'll be added to our newsletter!
Signup to our Newsletter:

Login

Publish a login form or anything you want to this position.

Register

Publish a registration form or anything you want to this position.