register(); ?> Ophelp Projekte Depot Nuus on Straatwerk

NEW! Drop Down Now Included In Vertex

This month another new addition to the Vertex Framework is the S5 Ultimate Drop Down. This is a feature that was seen in several Shape 5 designs. Many have asked how to add to other designs so we decided to build this into the framework so every design here on out will have this functionality. Be sure to read more about this new feature here: Features:

  • Customize almost everything! Shadows, borders, gradient, opacity
  • Contains 6 module positions drop_down_1, drop_down_2, drop_down_3, drop_down_4, drop_down_5 and drop_down_6
  • Auto adjust to the height of your content
  • Set your own open and close text
  • And many more features!
Open Panel
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
Ophelp Projekte Depot Nuus

Daar is altyd een of ander bedrywigheid by die Ophelp Projekte depot in die Bo-Kaap. Oorpakke, bibs, handdoeke en wie weet wat nog alles word gewas en opgehang. Spanne is besig om die strate skoon te maak, graffiti te verwyder en ander waardevolle dienste te lewer.

Die oorpakke word gebruik deur persone wat deur die gemeenskapshof in Kaapstad na Ophelp Projekte gestuur word vir ‘n aantal ure van gemeenskapsdiens. En, stadig maar seker is ons besig om die verslete bankies te vervang met nuwe, baie duursame bankies. (DANKIE vir elkeen se bydrae vir ons bankies).

Ophelp Projekte spoed voort en ons dank die Here vir die guns wat ons oral het.

Ons Ophelp Projekte depot in Mowbray is ook ‘n miernes van bedrywigheid en kosbare oomblikke van uitreik, diensbaarheid
en omgee vir mense kom duidelik na vore in die daaglikse verslae.

Hier volg ‘n uittreksel wat verduidelik wat soms daar gebeur (let wel, ons gebruik skuilname):

 

Day Date Incident Details How it was resolved
 Thur  26/2/15 Worker observed without shoes on shiftAnnah’s shoes broke on shift, she then threw them in the bin and proceeded barefoot. The supervisor spotted her whilst doing operations check-up. The assistant was asked to go to the team and issue Annah with a pair of gumboots, after her shift she received a pair of slippers to use.
 Thur  26/2/15 Worker eating on shiftThe operations manager spotted worker Geoffrey eating on shift. The supervisor was informed and he went to the team and questioned the worker and the foreman. Geoffrey admitted to eating on shift whilst the foreman was not looking. The foreman was reprimanded for not supervising her team properly; Geoffrey was given a recorded warning for eating on
shift.
 Mon  2/3/15 Worker blockedLucinda (drunk) smacked Linette across the face during roll call, Lucinda stated that Linette was making noise whilst the supervisor was giving his morning team talk. Lucinda was advised that she was completely wrong in her action and immediately blocked, she refused to remain behind and receive coaching. Linette was intoxicated as well. Lucinda left the depot. And is currently blocked.
 Tue  3/3/15 Cathy falls ill on shiftAt approximately 11:10 Team 2 foreman called the supervisor to inform him that Cathy was incapacitated, she had stomach cramps caused by ulcers. Two workers carried her to her sleeping spot as she explained her medication was there, after taking her medicine she fell off to sleep. The foreman and one worker proceeded to complete the shift. The supervisor went back later
when Cathy was awake, and she
then signed and was paid for the
shift.

Uit ons argiewe

Hy is 22 jaar oud. Sy hare is nog effens lank, en daar is nog altyd ’n effense senuagtigheid by hom te bespeur. Nege weke gelede was hy nog op ’n “LSD-trip” het hy nog by Kaapstad tussen die bome op Vlaeberg rondgedwaal, vuil en verwaarloos.

“Toe gebeur dit die aand”, vertel Donovan. “Ek weet nou nog nie hoekom ek die aand afgedwaal het stad toe nie. In Langstraat het ’n jong man my voorgekeer. Ek onthou nog hy het my gevra of ek God ken. Ons het in die kafee gaan koffie drink. Dis toé dat ek vir die eerste keer in my lewe gebid het. Ek het nie geweet hoe om te bid nie. Daarom het ek maar net gesê: ‘God, help my’.” January 1972)

Donovan Dangers het daardie aand in trane uitgebars.

“Weet jy.” sê hy terwyl hy vorentoe leun, “ek het daardie aand besef dat daar iets sterkers as verdowingsmiddels is.”

Dangers het ses jaar lank saam met 18 ander hippies in ’n huis in Javastraat, Kaapstad, gewoon. Hulle het gereeld op
“trips” gegaan. Soms op dagga, ander kere op “pink ladies” en “black bombs”, maar LSD was die gewildste verdowingsmiddel. Duur, peperduur. Ses rand vir ’n “trip” van 14 uur. Soms duurder, afhangende hoe groot die “craving” is… (uittreksel uit Die Burger, Saterdag, 8 Januarie 1972)

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
Hallo, my naam is Cardo…

Lisa Truter

“My naam is eintlik Riccardo, maar almal noem my Cardo. Ek is gebore in Heideveld en is nou sewe jaar oud. Ek bly by my pa maar hy is nie baie daar nie, so my antie kyk na my. My ma kom loer so nou en dan in, maar sy bly by ander mense in Gugs*.

“My ander ma is antie Lewena in Badsberg Close. Sy weet al ek kom in die oggend by haar pap eet. Sy maak sulke lekker soet, melkerige tee en sy pak vir my en van die ander kinders broodjies in vir skool. Haar huis voel vir my soos my huis en my sitplek is nog van altyd af op die bloedrooi trap in die hoekie. Saterdagoggende sit sy vir ons poppestukkies* op die dvd om te kyk. Antie Lewena het al baie lank terug vir my gesê ek moet in die aande ook by haar kom eet soos van die ander kinders. Ons bid, eet, kyk Sewende Laan en dan moet ons almal huis toe gaan.

“Ek het ‘n klomp vrinne, maar ek weet nie altyd so lekker of dit ‘n goeie of ‘n slegte ding is nie. Om maatjies te hê bring baie keer net probleme, soos laas Desember.

“Ek onthou toe ek kleiner was het ek altyd alleen parkie toe gegaan en met bottelstukke en klippies gespeel. Dit was eenvoudig en daar was altyd iemand om vir my ‘n five bob* te gee sodat ek vir my ‘n pakkie chips kan gaan koop by die uncle van Somalië.

“Daar was ‘n hele drama laas Desember. Ek dink nog soms daaroor, maar ek probeer om eerder nie meer daaraan te dink nie. Net soos die dag voordat ek vir die eerste keer skool toe is. My pa was dronk en niemand het vir my skoolklere, skoene en penne gekoop nie. Niks. Ek het nie eens daaraan gedink nie, so opgewonde was ek, maar toe hoor ek van die lys goed wat mens nodig het. Gelukkig het antie Lewena my gehelp en daar was ‘n ander gawe antie in die winkel wat vir van my goed betaal het. Ek was ‘n dag laat vir my eerste dag van skool, maar dit het nie regtig saak gemaak nie.

“Ek kan nie verstaan hoekom my skoene altyd stukkend is nie. As ek weer sien is daar ‘n gat onder my voet (dan loop ek op my sokkies) of by my groottoon, dan loer my toon deur die sokkie en skoen. Dit laat almal lag so dan lag ek ook maar.

“Ek hou van Dinsdagmiddae, want dan speel ons almal by antie Lewena se huis. Ek speel altyd met die karringkies*. Wie wil dan nou puzzle bou of bal speel as daar karre is. Baie van die karre se wiele is al afgebreek en dis alles ons skuld. Ons doen dit aspris. Antie Lisa het gesê ons gaan tot Desember met die karre met die af wiele moet speel, maar ons gee nie om nie.

“Ek hou ook van die sop en brood van Dinsdagmiddae, maar die heel lekkerste is as ek die bekertjies kan uitspoel in die warm, seperige water. Ek en Nazmie en Jason maak vir ons baarde en snorre van die skuim en speel ons is Krismisvaders. Dan lag almal en die lewe is sommer lekker. “Sulke tye dink ek nie aan die drama van laas Desember nie.

“Antie Audrey en Antie Abi gee vir ons Smart-Brain klasse. A vir appel, B vir bal, C vir… ek kan nie meer onthou nie. Ek verstaan nie altyd so lekker nie, maar ek dink dis omdat ek nie mooi luister nie, want baie keer dwaal my gedagtes na die drama van laas Desember.

“Ek weet nie hoekom ons so wreed was met die kat nie. Ek weet ook nie hoekom ons so onderstebo was met die meisies nie. Ons name is by die polisie oor die kat en by die social worker oor die meisies. Ons name is seker by die polisie oor die meisies ook. Laas Desember was ‘n slegte storie.

“In antie Lewena se huis is daar ‘n prent wat iets sê van die smal weg en die breë weg. Dit wat ons laas Desember gedoen het is ook geteken op die prent, maar dis by die breë weg wat hel toe gaan. Ek kyk en kyk en kyk elke dag na die smal weg. Ek glo dat as ek hard probeer om te doen wat antie Lewena sê sal dinge regkom. “Dan kan ek ook hemel toe gaan.”

(As jy by die kinders van Badsberg Close in Heideveld wil kom kuier, skakel vir Lisa Truter by 072 390 7437 of stuur ‘n epos aan lisa@itsamazing.org.za)

*Gugs – Gugulethu; poppestukkies – cartoons, animasieprente; five bob – 50 sent; karringkies – karretjies

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Aksie Immanuel 2014 – Straatwerk

Waardevol vir Jesus gebedsoggend

Tagtig Waardevol vir Jesus-vroue het op 17 Desember op ‘n koppie in Mitchell’s Plain bymekaargekom. Daar was ernstig ingetree vir die Kaapse Vlakte en al die euwels soos seksuele misbruik, prostitusie en pornografie. Die vroue is besig om nog meer gebedsvriende te werf vir 2015, om deel te wees van die Waardevol vir Jesus-veldtog in skole.

Ophelp Projekte

Ophelp Projekte het aan die einde van verlede jaar 10 jaar oud geword en ‘n spesiale dankseggingsdiens is in die St Andrew’s Presbeteriaanse Kerk in Groenpunt gehou. Hannes van der Merwe (bestuurder verantwoordelik vir die uitreikbediening na haweloses en Ophelp Projekte) se gebed was eenvoudig:

“Baie dankie Vader vir 10 jaar wat U met ons was. Ons eer U daarvoor.” Ongeveer 200 mense het die diens bygewoon en na die tyd saam gekuier. Twee kreatiewe manne het ons vermaak met ‘n kitaar en mondfluitjie.

“The best Thanksgiving service…for once it wasn’t about me or the going home early, it was what God has done for people through His people. A special, sincere thanks to all whom I can’t all name right now but they know who they are, for working, no, for investing their time and heart, pouring themselves out without measure, helping, praying and assisting the needy and destitute. It was the best Thanksgiving and year-end.” #fun#coffee#high#laughter#Blessed
Charmaine Abrahams, Ophelp Projekte

Dangerous Women (and men) geleentheid

Vroue (en mans) vanuit die agtergrond van prostitusie, uitreikspanne, gebedsondersteuners en ondersteuners van die bediening aan vroue vasgevang in prostitusie het bymekaargekom vir ‘n heerlike dag van getuienisse, gebed en inspirerende praatjies. En natuurlik ‘n feesmaal.

“Ek het besluit om uit die leefstyl van prostitusie te tree wanneer ek R30 000 in my bankrekening het. ‘n Mens sê altyd: ‘more gaan ek ophou’. Maar more is eintlik jare ver. Ek moes op ‘n jong ouderdom ‘aftree’ uit die leefstyl van prostitusie. Nee, ek het nie R30 000 in my bankrekening gehad nie. My aftreepolis was R30 in my sak, geen blyplek, kanker, HIV positief en TB. Gelukkig ken ek nou die Here en ek weet ek het nou die beste polis in die wêreld.”

Dienende spanne raak harte

Diensbaarheid, waarheid en liefde was ons leuse met al die straatuitreike gedurende Aksie Immanuel. Ons was van verskillende ouderdomme, denominasies en agtergronde, maar die eenheid was duidelik sigbaar. Prys die Here vir elke mens wat herinner kon word dat daar ‘n Lewende God is met ‘n Seun, Jesus Christus.

Ann dien al vir jare die Here en is ‘n groot inspirasie vir ons by Straatwerk. Sy het met die Dangerous Women geleentheid ‘n sertifikaat aan Straatwerk oorhandig met die volgende woorde:

The smile you gave me that lovely night
It might have seemed in vain
And suddenly on some cheerless day
You got it back again

The gifts you give to others from the heart
Be sure, it will be returned to you
For this is God’s great reward

Your sacrifice, the word, your thoughts,
Your good and gracious deeds.

The warm desire to lend a hand
And meet another’s needs

All came to me in some strange way
Like manna from above

I ONCE WAS LOST BUT NOW I’M FOUND

This is the work of Straatwerk
God’s perfect law of love

Always in my heart
Ann Prinsloo

 Ophelp Projekte participants unite in prayer at the 10th anniversary celebration service  
Ophelp Projekte deelnemers bid saam by die 10de bestaansjaar danksegginsdiens Kitaar-musiek dra by tot die feestelikhede
Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Getroue jongmense van die KJV van Wynberg NG Gemeente het in 1965 begin uitreik na mense in nood. Nou, 50 jaar later, gaan die werk steeds van krag tot krag. Alle eer aan God! Die eerste formele nuusbrief, wat na ondersteuners gestuur is, was in Julie 1971. Tot op hede het 217 uitgawes van die nuusbrief verskyn.

In 2015 gaan ons hierdie spesiale verjaardag op verskillende maniere vier met spesiale uitreike, gebedsbyeenkomste, getuienisaande en nog vele meer. Hou die nuusbrief, Facebook en webblad dop vir meer inligting oor hoe om deel te wees van die feesvieringe. Ons gaan ook gereeld op Facebook brokkies uit die verlede deel, met fotos uit ons argiewe.

As jy dalk stories, getuienisse, foto’s of koerantuitknipsels in jou besit het wat jy met ons wil deel, skakel gerus vir Lisa Truter by 021 930 8055 of stuur ‘n epos na lisa@straatwerk.org.za

A newsletter from March 1972
‘n Nuusbrief van Maart 1972
Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]

Lisa Truter

“Raai wat, antie Lisa, raai wat! By die kamp het ek geleer hoe om my tande reg te borsel. Ek het nooit geweet hoe nie.”

Sy het hierdie belangrike nuus met ‘n baie groot glimlag oorgedra. Ek kon nie help om te glimlag nie. Wie sou kon dink dat dit die eerste storie sou wees wat sy wil vertel na ‘n naweekkamp vol pret? Die kinders van die Zoë Trust Kid’s Club (tussen agt en 11 jaar) is aan die einde van verlede jaar bederf met ‘n kamp vir Kersfees deur die Groote Kerk in Kaapstad. Vir baie van die kinders was dit die heel eerste keer om te gaan kamp – en om alleen op ‘n bed te slaap. Die kinders was so stilweg bekommerd toe hulle in die bus geklim het, maar hulle het groot teruggekom. Hulle het begin vlerke sprei en die kamp was die eerste stap.

Baie dankie Groote Kerk vir julle ondersteuning! It’s amazing!

Die barbed wire girls

Dié tienermeisies is tussen die ouderdom van 11 en 17 en kom elke Dinsdagaand in Badsberg Close in Heideveld bymekaar (hulle noem hulleself die Monique-groep, ‘n ondersteuningsgroep vir tienermeisies). Dertig tienermeisies in ‘n klein klaskamer veroorsaak baie pret en baie barbed wire krapperigheid. Hulle afsluiting aan die einde van die jaar het bestaan uit swem, baie eet, master cheflesse, ‘n photo booth, naels en grimering doen en hangertjies, armbande en kaartjies maak.

Die Peacemakers,/h3>

Tienerseuns gaan op die oog af ‘n klein bietjie makliker deur die lewe as tienermeisies, maar op die Kaapse Vlakte is dit die kritiese tyd wanneer hulle besluit om in die skool te bly, of om op te skop; die tyd wanneer hulle besluit om dwelms te begin gebruik, of daarmee handel te dryf. Of nie. Dit is ook die tyd om ‘n bendelid te word of nie. Groot besluite vir jong manne, maar met ‘n naam soos die Peacemakers (ondersteuningsgroep vir tienerseuns) het ons in Badsberg Close, Heideveld groot drome vir hierdie seuns. Hulle afsluiting aan die einde van verlede jaar was swem, swem, swem en groot roomyse.

Kinderpartytjie

Sestig bondeltjies energie tussen die ouderdom van drie en agt jaar het op 18 Desember Straatwerk se erf binne gehardloop. Met groot glimlagte en swemklere in hulle rugsakkies was daar geen einde aan al hulle energie nie. Daar was ‘n swembad, springkasteel, groot slippy slide, speletjies, hoolahoop en springtou kompetisies, en gesigverf. En natuurlik geskenke.

The Monique girls having fun The teenage boys enjoying themselves in Sea Point
Die Monique meisie het baie pret Die tienerseuns geniet hulleself in Seepunt
Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin

“Ek sal self regkom, dankie.” Hoeveel keer het jy mense dít al hoor sê? Of dalk het jy dit self al kwytgeraak.

Ons almal weet hoe dit voel om te verdwaal. Jy was doodseker dat jy sonder die hulp van ‘n kaartboek, GPS of om vir aanwysings te vra jou eindbestemming sou bereik. Ons almal weet ook hoe dit voel om na ‘n spesifieke item te soek in ‘n groot, onbekende supermark of hardewarewinkel.

Radeloos vra jy later vir hulp, net om agter te kom dat jy op die verkeerde plek gesoek het. “God het die mens gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.” (Handelinge 17:27 – 28)

‘n Persoon kies om ‘n spesifieke roete te volg omdat hy glo dat dit hom sal uitbring waar hy wil wees. Dit is ‘n voor die hand liggende lewensbeginsel.

Ongelukkig lei verkeerde keuses, ongesonde verhoudings en impulsiewe besluite tot ongewenste eindbestemmings en ontnugterde mense. Die meeste mense wat ons deur Straatwerk se uitreike ontmoet is by hiérdie punt in hulle lewe. Hoe tragies dat die meeste van hulle aanhou glo dat hulle self sal regkom en uit eie krag die regte koers sal inslaan.

Genade is God wat ‘n leeftyd se saai in die landerye van droogmaak nie teen jou hou nie. Genade het gelukkig nog nie opgehou aan God se kant nie. Boonop ontvang die “verkeerde” mense genade, diegene wat niks het om dit by God te koop of deur ‘n goeie lewe te verdien nie.

Genade is bedoel vir al God se verlore eiendom. Genade is God se nuwe Genesis – ‘n kans om oor te begin vir elkeen wat by ‘n slegte bestemming in sy of haar lewe aangekom het.

Ons almal ken ook die gevoel van verligting wat oor jou spoel as jy iewers uit die doolhof van verdwaal wees weer die regte rigting vind. Hier by Straatwerk het ons die afgelope jaar honderde persoonlike gesprekke met mense op die strate van Kaapstad gehad. Al hoe ons hulle kon help om die regte koers in te slaan, was om hulle na Jesus toe te wys.

Mag jy in hierdie Kerstyd weer diep onder die indruk van die genade in jou lewe kom. Mag jy ook krampagtig bly vashou aan Jesus Christus se reddingshand met die wete: “Ek is vir altyd terug gevind!”

Groete van Fourie en almal by Straatwerk.

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
Aksie Immanuel 2014

Hierdie jaar se Aksie Immanuel tema is: I am the Way – Jesus – die Weg, die Waarheid en die Lewe.

Ons program sal min of meer as volg verloop:
Ons begin met twee geleenthede vooraf – op 6 Desember gaan die tienermeisies van die Monique ondersteuningsgroep
van Zoë Trust, Heideveld, op ‘n Kersfeesuitstappie en op 10 Desember gaan die tienerseuns.

Woensdag 17 Desember

Lofprysing- en gebedsoggend in Mitchell’s Plain saam met al die vroue wat deel is van die Waardevol vir Jesus-veldtog op die Kaapse Vlakte en weekliks by verskillende skole bid. ‘n Diensevangelisasie-uitreik in die aand in Voortrekkerweg, Parow.

Donderdag 18 Desember

Kersfeespartytjie vir die kinders wat deel is van die Zoë Trust Kids’ Club (4-8 jariges).

Vrydag 19 Desember

‘n Oggend-uitreik op die promenade in Seepunt. Kinders wat deel is van die Zoë Trust Kids’ Club vertrek op ‘n kamp (9-11 jariges) tot 21 Desember saam met die Groote Kerk, Kaapstad. ‘n Laataand diensevangelisasie-uitreik vanaf 21:30 – 02:00 in die middestad van Kaapstad, Groenpunt en Seepunt.

Saterdag 20 Desember

Dangerous Women byeenkoms – ‘n samekoms van vroue wat ‘n besluit gemaak het om die Here te volg. Meeste van die vroue kom uit gebroke agtergronde en ons het deur die jare die voorreg gehad om die pad van val en opstaan saam met hulle te loop.

Sondag 21 Desember

‘n Vroegoggend skoonmaakskof wat om 04:00 afskop, waar ons al die papiere, bottels en ander rommel gaan opruim van die vorige aand se partytjies wat in die stad gehou is. Daarna sal ons die haweloses bedien met koffie en hulle nooi om by Ophelp Projekte betrokke raak.

Maandag 22 Desember

‘n Oggend-uitreik met die Waardevol vir Jesus boodskap by die verkeersligte in die middestad. Ons gaan lisensieskywe met die WVJ boodskap uitgee. Daarna ‘n etensuur dankseggingsdiens saam met die deelnemers van Ophelp Projekte by die St Andrews Kerk in Groenpunt. ‘n Aand diensevangelisasie-uitreik in Voortrekkerweg, Parow.

Dinsdag 23 Desember

‘n Aand diensevangelisasie-uitreik, Brooklyn.

Woensdag 24 Desember

Oukersaand-uitreik in die middestad van Kaapstad.

Kersdag 25 Desember

Laatoggend uitreik na mense wat op die strate ronddwaal in Voortrekkerweg, Parow.

Behoeftes

  • Gewillige hande;
  • finansiële bydraes;
  • toiletware (seep, waslappe, handdoeke, tandepasta, tandeborsels, “roll-on”, ens.);
  • skryfbehoeftes (inkleurpotlode, draaikryte, penne, potlode, uitveërs, inkleurboeke, potloodsakkies, skêre, ens.);
  • vir die uitreike en kinderpartytjies en kamp: suigstokkies, “chips”, koeldrank, pakkies peanuts, lekkers, koekies, ens.;
  • borg ‘n geskenkpakkie met lekkernye vir die deelnemers aan Ophelp Projekte vir na die Dankseggingsdiens teen R15 elk;
  • borg lisensieskywe vir die Waardevol vir Jesus uitreik by die verkeersligte teen R1 elk.

Ons het ‘n groot behoefte aan selfone

Het jy dalk ‘n selfoon of twee wat iewers in ‘n laai lê maar nog in ‘n werkende toestand is?

In al ons bedieningsfasette kan ons baie goed daarvan gebruik maak. Voormanne by Ophelp Projekte kan nie funksioneer sonder selfone nie.

Ons het dit ook nodig om vroue wat vanuit prostitusie tot bekering gekom het te begelei in hulle nuwe lewe. En
op nog vele ander gebiede.

Die Liggaam van Christus in Aksie…

…is wat Straatwerk se leuse sê.

Ons sien dit op ‘n verskeidenheid van maniere. Die span wat uitreik na vroue wat vasgevang is in prostitusie in Groenpunt, Seepunt, die middestad van Kaapstad en Woodstock, is ‘n baie goeie voorbeeld daarvan (so ook die spanne wat in ander areas uitreik). In die stad word ses verskillende kerke verteenwoordig deur een of meer medewerkers: Calvary Chapel, Shofar, Victory Outreach, Katolieke Kerk, NG Oostersee en die Independent Congregational Kerk.

“Ons wil ook normaal wees… Opstaan en koffie drink in die oggend. Ons woon onder die wêreld en nie in die wêreld nie.” -Woorde van ‘n vrou wat vasgevang is in prostitusie

Die afgelope jaar het hierdie spesifieke span 786 gesprekke met vrouens in prostitusie gevoer.

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]

Ophelp Projekte is in ‘n vennootskap met Khulisa Social Solutions (sien blokkie onder) en slaan ag op interessante feite wat in ‘n onlangse navorsingsverslag van dié organisasie na vore gekom het.

Daar is onder andere gevind dat:
Hawelose persone is twee keer meer geneig om misdaad te pleeg as hulle nie betrokke is in ‘n betaalde werkskema soos Ophelp Projekte nie.

Die hoeveelheid misdaad wat gepleeg word verminder met 58% wanneer die oortreder deel word van ‘n betaalde werkskema. Die gemiddelde hawelose persoon met ‘n kriminele rekord het meer as twee sake teen hom/haar, maar gedurende die tyd van betrokkenheid by Ophelp Projekte verminder die sake tot minder as een.

Een van die ander aspekte van die verslag het gefokus op die dienste wat Ophelp Projekte vir besighede lewer en die brug wat gebou is tussen hawelose persone en besighede wat van Straatwerk se dienste gebruik maak.

95% van besighede wat betrokke is by Straatwerk sien haweloses as fundamenteel betroubaar, teenoor die 35% van besighede wat nie by Straatwerk betrokke is nie.

100% van die besighede in die opname het gesê dat hulle sal aanhou om van Straatwerk se dienste gebruik te maak.

75% het genoem dat hulle van meer dienste gebruik sal maak soos wat hulle besighede groei.

100% het gesê dat hulle Straatwerk by besighede soortgelyk aan hul eie sal aanbeveel.

Besighede het ook gesê dat Straatwerk en Ophelp Projekte die volgende voordele bied:

  • bekostigbare en betroubare dienste;
  • maklike bereikbaarheid;
  • werk buite normale werksure, soos naweke en aande;
  • vinnige reaksie wanneer hulp benodig word;
  • betroubaarheid;
  • geen toesig benodig; en
  • kontinuïteit: “Hoef nie dinge tweekeer te verduidelik nie”.

Besighede wat nie by Straatwerk betrokke is nie het ‘n groter negatiewe gevoel teenoor haweloses en 75% van die besighede het probleme om met haweloses saam te werk as gevolg van ‘n gebrek aan vertroue.

Khulisa Social Solutions is ‘n nieregeringsorganisasie wat hulself daarop toespits om sosiale kwesbaarheid as ‘n sistemiese probleem aan te spreek. Hulle werk saam met ‘n verskeidenheid van rolspelers en fasiliteer projekte wat ‘n verskil maak deur, onder andere, armoedeverligting, misdaadvermindering en gemeenskapsopheffing.

Lees meer oor hulle werksaamhede by: www.khulisaservices.co.za

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
Dít is my storie…

“Hallo, my naam is Lee-Ann…

“Die lekkerste oomblik die hele week was toe ek en Ryan onder die straatlig op die sypaadjie gesit en Huisgenoot lees het. Ons het na al die prentjies gekyk en gelag, al kon ons nie al die woorde lees en verstaan nie.

“Ek is nege jaar oud en al wêreld wat ek ken is die straat waar ek bly en die pad skool toe. Ek weet ook waar die stasie is en ek speel graag laat in die aande daar saam met van die ander kinders. Daar is mense wat sê dit is gevaarlik maar my ma gee nie om nie, so ek verstaan nie hoekom almal so aangaan nie.

“My ma en my pa gebruik drugs en baie mense kom na ons huis toe om daar drugs te rook. Dit gaan al so vandat ek ‘n baba is, so ek is al gewoond daaraan. Wanneer die jongetjies daar inkom leer hulle my hoe om gangster signs te maak en as ek dit regkry dan gee hulle vir my ‘n five bob vir ‘n pakkie chips. Langs ons en oorkant ons verkoop vreemde mense los lekkers en chips. Party mense sê hulle is van Nigerië. Ander sê hulle is van Somalië. Ek weet regtig nie, maar die chips is lekker.

“Antie Lisa het jare terug vir my ‘n vraag gevra en die antwoord geleer. Sy het gevra:’Wat is Antie Lisa vir Lee-Ann?’ en dan moes ek antwoord: ‘Lief’ en dan het Antie Lisa gevra: ‘Hoeveel’ en dan het ek gesê: ‘BAIE lief’. Dit was ‘n game van lank gelede maar ek glo nog steeds vir Antie Lisa en as sy sien ek voel nie lekker nie, speel ons die vra-speletjie en dan voel ek sommer baie beter.

“Ek hardloop baie aande na Antie Lewena toe as ek sien daar is nie kos by die huis nie. Of ek skarrel vir ‘n five bob en koop ‘n pakkie chips. Ek is nie altyd lus vir al die kinders by Antie Lewena se huis nie. My ma worry nie baie met die kosmakery nie, dis maar meer my pa wat maak.

“Ek het ‘n goeie maatjie gehad, maar sy kan mens baie seermaak as mens nie doen wat sy sê nie. Ons is nie nou meer vreeslike goeie vriende nie. Ek weet nie hoekom dit so is nie, maar ek sukkel om vriende vir lank te hou.

“Die jongetjies, taxi drivers en kleiner seuns hou vreeslik baie van my. Soms doen hulle snaakse dinge met my. En hulle knip vir my oog, dan knip ek terug. Ek weet hoe om te glimlag dat almal van my hou.

“Om die hoek is daar langs ‘n huis ‘n hok met ‘n groot staaldeur. Daar is net so ‘n klein gaatjie daarin en alles gebeur agter daardie toe deur. Dis drugs. Ek weet dit, want as my ma by die huis kom raak sy besig met die sakkies goed wat sy gekoop het en dan weet ek, ek moenie haar pla nie.

“My hart is meestal seer. Daar is baie dinge in my lewe wat nie reg is nie. Ek weet al klaar wat dit is om my lyf weg te gee vir ‘n R5 en hoe om my smile te gebruik dat al die mans doen wat ek vra.

“Ek hoop nie ek word soos my ma nie, want haar hart is gebreek en sal nooit weer regkom nie.

“Haar oë sê dit vir my. Elke dag.”

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
Volg my…

“Ek is die ‘pad’ en my Vader die ‘adres’. Wie hierdie pad loop, kom by die ware lewe uit. As iemand ‘n ander pad loop, sal hy nooit by my Vader uitkom nie.” (Johannes 14:6 uit Die Boodskap vertaling)

In Straatwerk se uitreike na almal wat die naglewe van Kaapstad besoek, sowel as in die uitreike na vroue vasgevang in prostitusie, probeer ons altyd die boodskap so eenvoudig en prakties moontlik oordra. Baie keer het ons letterlik net ‘n paar sekondes om ‘n persoonlike kontak te maak. Ons gebruik dikwels klein geskenkies as aanknopingspunt (byvoorbeeld verseëlde tuisgebakte koekies of koue mineraalwater in die somer) waarop ‘n plakker met ‘n geel pyl aangebring word met die boodskap: “Ek is die Weg” – Jesus Christus (na aanleiding van Johannes 14:6).

“Ek is geroep deur die Here.” So sê baie mense, veral diegene in voltydse bedienings. Soos wat Jesus 2000 jaar gelede vir Levi of Nataniël in sy dissipelspan ingenooi het met die woorde: “Volg my!” doen Hy dit vandag nog. Moet elke geroepene ‘n dominee of pastoor word? Of ‘n sendeling in ‘n ver land? Is slegs geroepenes in die Here se voltydse diens? Nee, want:

  • Roeping is om Jesus na te volg. Hy roep ons om so naby aan Hom te leef dat ons deur sy oë na ander sal kyk en deur sy ore na ander sal luister.
  • Roeping gebeur in die regte lewe. Langs die viswaters hoor Petrus Jesus se stem. Op sy beurt hoor Levi in sy belastingkantoor hoe Jesus hom nader wink. By Straatwerk bid en vertrou ons dat mense wat ons pad kruis in die uitreike sal reageer op Jesus se woorde: “Volg my”.
  • Alle geroepenes is voltydse navolgers van Jesus, maak nie saak wat hulle beroep, status of ouderdom is nie.

As ons diep in ons harte weet dat ons nuwe mense in die Here is, soos wat Paulus in 2 Korintiërs 5 skryf, dan weet ons dat ons geroep is om ‘n lewe van impak te leef. Impak is altyd uitwaarts gerig. Impak gaan daaroor dat ons lig skyn tussen ander. Impak gaan oor die aanhoudende uitdeel van bekertjies koue water, en die daaglikse tweede myl roetes in Jesus se Naam. Dit is partykeer baie makliker as wat ons dink.

“Wat jy saai, dit maai jy.” So lui die spreekwoord. Tog oes jy partykeer waar jy nie gesaai het nie. ‘n Ander woord hiervoor is genade. Genade is om te ontvang wat jy nie verdien het nie. Genade gebeur wanneer God ‘n leeftyd se saaiery in die landerye van droogmaak nie teen jou hou nie.

Hou vas aan die God van genade. Hy sal vir jou goed wees op maniere waaraan jy nooit eens sal dink nie.

Groete van Fourie en almal by Straatwerk

Posted in Artikels   Read more...
 
Donate Today!
Get the latest news and updates by subscribing to our newsletter. Just sign up to the right and you'll be added to our newsletter!
Signup to our Newsletter:

Login

Publish a login form or anything you want to this position.

Register

Publish a registration form or anything you want to this position.