register(); ?> Musse, truie, teddiebere, poppies en serpe on Straatwerk

NEW! Drop Down Now Included In Vertex

This month another new addition to the Vertex Framework is the S5 Ultimate Drop Down. This is a feature that was seen in several Shape 5 designs. Many have asked how to add to other designs so we decided to build this into the framework so every design here on out will have this functionality. Be sure to read more about this new feature here: Features:

  • Customize almost everything! Shadows, borders, gradient, opacity
  • Contains 6 module positions drop_down_1, drop_down_2, drop_down_3, drop_down_4, drop_down_5 and drop_down_6
  • Auto adjust to the height of your content
  • Set your own open and close text
  • And many more features!
Open Panel
[postdate d]
[postdate M]
Musse, truie, teddiebere, poppies en serpe

Hierdie winter het vroue omtrent gewoeker met hulle talente van brei en hekel. Serpe is gebruik tydens ons uitreike na vroue vasgevang in prostitusie wat onder die mees verskriklike weersomstandighede desperaat ‘n lewe probeer maak.

Truitjies en musse het ‘n glimlag op jonk en oud se gesigte laat verskyn en gebreide teddiebere het vir klein kindertjies en tienermeisies troos gebring in hulle moeilike omstandighede van grootword. En natuurlik is die poppies aangewend vir ons Waardevol vir Jesus-veldtog. Elsa de Jager (85) en Gladys Kritzinger (83) het ‘n skenking van wol gekry en begin brei. Hulle getuig: “Die ouderdom maak ons baie stadig en die hande is somtyds baie bewerig, maar dis steeds lekker om iets vir ander te doen wat nie iets warm het nie.”

Baie dankie aan elkeen wat gesorg het dat mense in nood warm bly.

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
WVJ-veldtog gaan van krag tot krag op die Kaapse Vlakte

Die Waardevol vir Jesus veldtog op die Kaapse Vlakte is besig om van krag tot krag te gaan, met vier leiers tans aan bewind om ander vroue op te lei, te inspireer en om te sorg dat alles op ge-oliede wiele loop.

Hierdie koördineerders oorsien die volgende areas:
Regina Salie – Bishop Lavis, Kalksteenfontein, Valhalla Park;
Patty Manuel – Athlone, Heideveld, Manenberg;
Anita Herwel – Mitchells Plein: Woodlands, Westridge,
Heinz Park, onderste deel van Lentegeur, Portlands;
Cynthia van den Berg – Beacon Valley, Eastridge, boonste deel van Lentegeur, Tafelsig.

Die leiers is verantwoordelik vir gebedstye by skole, die organisering van CAP (Community Awareness Prayer) geleenthede en vir die reël van saamtrekke waar hulle vroue vanuit die gemeenskap nooi om deel te word van die veldtog. By hierdie byeenkomste deel hulle die visie, is daar ‘n tyd van lofprysing en aanbidding, die WVJ koor tree op, ‘n gasspreker deel ‘n boodskap uit die Bybel en dan eet almal lekker saam en die gaste het ‘n geleentheid om te registreer. Hierdie manier van vroue werf is baie suksesvol op die Kaapse Vlakte.

Alle vroue wat deel is van die WVJ-veldtog het ook gedurende die jaar geleentheid om in te skryf vir kursusse waar hulle persoonlik kan ontwikkel. Kursusse wat tot op hede aangebied is, is: innerlike genesing, hoe werk ‘n begroting en entreperneurskap, gefokusde gebed, Precept Ministries (www.precept.org.za) se kursus in hoe om die Bybel te lees en te verstaan en kinderbedieningopleiding.

Drie keer per jaar kom al die vroue van die Kaapse Vlakte wat deel is van WVJ-veldtog (ongeveer 100 vroue) byeen vir ‘n kamp en twee “celebrations”. Daar word gekuier, gelag, gehuil en stories en getuienisse word gedeel.

Die WVJ-veldtog gaan van krag tot krag op die Kaapse Vlakte te danke aan al hierdie toegewyde vroue en baie genade van Bo. Vir meer inligting hoe jy in jou eie omgewing ‘n verskil kan maak, skakel vir Jennie van den Berg by 021 9308055 of stuur ‘n epos aan jennie@straatwerk.org.za.

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]

“As jy 100 skape het en een het afgedwaal en verlore geraak, sal jy nie die 99 ander net daar laat staan en die een gaan soek tot jy hom kry nie? En dan sal jy hom met blydskap op jou skouers huis toe dra. Wanneer jy tuis is, sal jy jou vriende en bure roep om saam bly te wees omdat jy jou verlore skaap gevind het.” Lukas 15:4-6

Deel van ons uitreike na vroue vasgevang in prostitusie is om hulle, tydens die verskillende uitreike, uit te nooi om met ons kontak te maak. Ons volg selfs graag alle please call me-boodskappeop.

Verdere opvolg behels:

  • persoonlike gesprekke;
  • telefoon oproepe;
  • sms’e en WhatsApp-boodskappe;
  • tuisbesoeke; en
  • algemene diensbaarheid soos, onder andere geskenke, kaartjies en briewe.

Wanneer ‘n vrou besluit om die Here toe te laat in haar lewe, lyk die opvolgprosedure ‘n bietjie anders en ons volg ‘n holistiese benadering.

Vroue ontvang die volgende dienste:

  • begeleidingsessies;
  • berading/innerlike genesing;
  • dwelmrehabilitasie verwysing en ondersteuning;
  • integrasie met familie en kinders waar daar in die meeste gevalle alle brûe verbrand is;
  • aanspreek van noodsaaklike fisiese behoeftes (soos, onder ander, verblyf, kos, toiletware en mediese behoeftes);
  • Hande van Hoop – maak van evangelisasie-armbande vir sakgeld;
  • hulp met CV, opleiding, hulp met die soek van werksgeleenthede;
  • Hope’s Up program – die doen van vrywillige werk vir basiese inkomste; en
  • praktiese onderrig in relevante onderwerpe.

Vir alle opvolgwerk wat gedoen word is die Liggaam van Christus onontbeerlik. Al die gawes is nodig om die vrouens te laat verstaan dat daar ‘n nuwe lewe in Christus te vind is.

Praktiese voorbeelde hoe individue, selgroepe en gemeentes al betrokke geraak het, is:

  • voorsiening van plastiek vir ‘n stewige, selfgeboude huisie, sodat die dak nie lek nie (die vrou moet daar woon om op die behuisingslys te bly);
  • kos vir ‘n familie in ‘n oorgangstyd van krisis en begeleiding van die pa van die kinders om werk te kry, om so vir sy gesin te sorg;
  • huur van ‘n huis om ‘n familie ‘n kans te gee tot standvastigheid, ter wille van beplanning vir die pad vorentoe en ernstige mediese intervensie;
  • opsit van ‘n Wendy-huis, waarvan die vrou die helfte afbetaal;
  • konstante kontak nadat ‘n vrou teruggekeer het na haar ou weë, om haar aan te moedig om terug te kom; en
  • hulp met die vestiging van ‘n vrou se baba, nadat sy oorlede is.

“It takes a village to raise a child” lui die spreekwoord. In hierdie geval is die Kerk nodig om die vroue in liefde te ontvang en te ondersteun.

 

Finding lost sheep
Van die vroue van die Kaapse Vlakte se Waardevol vir Jesus-veldtog het bymekaargekom vir ‘n heerlike “celebration”.
Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin

Tieners is nie die maklikste spesie om mee saam te leef nie en die tieners van Badsberg Close en omgewing is geen uitsondering nie. Dwelms wat om elke hoek en draai beskikbaar is, tienerswangerskappe wat aanvaarbaar is (Graad 8 word die maternity ward genoem), seksuele misbruik wat hulle stroop van geluk, bendebedrywighede met die belofte van vinnige geld en mag asook armoede wat talle jongmense dwing om uit te spring en te werk, is die dinge waarmee hulle op ‘n daaglikse basis te doen het. Om die regte besluite te maak sonder die regte leiding en ondersteuning is amper onmoontlik. By Zoë Trust ondersteun ons die jongmense met ondersteuningsgroepe en ekstra klasse in wiskunde en basiese geletterdheid. En natuurlik baie gebed vir hulle veiligheid en om die regte besluite te maak.

As jy wil help met die ondersteuningsgroepe en ekstra klasse na skool, skakel Lisa by 072 390 7437 of stuur ‘n epos aan lisa@itsamazing.org.za.

 

Finding and returning lost sheep
Ons tienerseuns is baie ingenome met hulle musse.
Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]

Die storte by die depot werk oortyd en die vlak van higiëne skiet die hoogtes in. Behalwe vir die seep en handdoeke wat deurlopend ‘n behoefte bly, het ons ook ‘n groot behoefte aan klere en skoene vir mans en dames. Baie van ons deelnemers aan die projek se klere is verslete en ons het hierdie probleem begin aanspreek met ‘n klerebank wat op die been gebring is.

Kleiner mansklere (broekgroottes 28 – 34, klein en mediumgrootte hemde asook skoene in verskeie groottes) bly skaars want dit is die gewildste groottes. Skakel gerus ons kantoor as jy ‘n skenking wil maak: 021 930 8055.

Nog ‘n uitdaging is die sekuriteit by die depot. Ons is dankbaar dat daar persone op ‘n vrywillige basis daarmee help, maar ons sal hulle graag wil vergoed met twee koppies koffie per skof van vier ure. Ons behoeftes daarvoor is koffie, tee, suiker, koffieverromer of poeiermelk, twee waskomme, skottelgoedseep en koffiebekers.

Lees gerus meer oor ons Ophelp Projekte op ons webblad: www.straatwerk.org.za.

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
Bruikbaarheid

Onlangs uit die bloute kry ons hierdie epos gerig aan ons bestuurder verantwoordelik vir die bediening aan haweloses: “Glo nie jy ken my nie, maar ek wil jou en jou span van harte bedank vir die edelwerk wat julle gedoen het om die Liesbeekrivier op te ruim. So baie kan kla, maar so min sal buk om ‘n papier op te tel. Glo nie jul kry 1% van die pryswoorde wat julle toekom nie, maar weet dat daar mense is wat dit werklik waardeer en diep binne juig.”

Ek moet sê rommel opruim raak die forté van almal wat by Straatwerk betrokke is. Ons Projek Opruim-spanne doen dit elke dag in ‘n verskeidenheid van areas, die naguitreik-spanne doen dit Vrydagnagte in die strate van Kaapstad so tussen hulle wat die naglewe besoek. Tydens die gemeenskapsbewusmakings-gebedstye word gebid en rommel rondom skole op die Kaapse Vlakte opgeruim. (Daar word spesifiek deur ‘n groot aantal vroue in skole gebid teen die vernietigende effek van seksuele misbruik, prostitusie en pornografie as deel van die Waardevol vir Jesus-veldtog).

Die bekende leierskap-spesialis, Jim Collins, het eendag vir sy mentor gevra om vir hom die definisie van sukses te beskryf. “Life is not about being successful, but about being useful“, het die antwoord gekom.

Bruikbaarheid is waaroor die lewe gaan – en dit staan in die Bybel ook so. “God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het” Ef. 2:10

Daar gebeur iets as jy op een of ander manier praktiese aksie neem. Een van die bekendste gebede wat vandag op Bybelsakke en yskasmagnete geskryf staan, beaam dit. “Here, skenk my die gemoedskalmte om te aanvaar wat ek nie kan verander nie, die moed om te verander wat ek kan, en die wysheid om die verskil te ken.”

Die gebed is geskryf deur Reinold Niebuhr toe hy rondom 1920 in sy eerste gemeente in Detroit as ‘n jong leraar, ten midde van die reuse depressie in die VSA, beland het.

Realisme vra dat ons kleiner leer dink, nederiger, meer beskeie, maar doen wat ons hand vind om te doen, wat wel binne ons vermoë is. Realisme is die wysheid (waarvoor die gebed vra) wat nie moedeloos, magteloos en daarom dadeloos word vanweë wat nie gedoen kan word nie, maar bereid is om op ‘n klein skaal te begin, tree vir tree.

Dit was die gees van die boodskap van Paulus in 1 Kor. 15:58 waarin hy sê dat in die lig van die opstanding moet ons oorvloedig wees in wat ons doen, omdat ons arbeid in diens van die Here nie tevergeefs is nie. Dan bly geen sinisme meer oor nie, want daar is altyd iets om te doen.

Groete van Fourie en almal by Straatwerk

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]

Elke mens verdien ‘n plek om te behoort. Nie ras, titel, inkomste, adres, geslag, of enige iets anders mag in ‘n mens se pad staan om iewers te behoort nie. Dalk is dit wensdenkery, maar wanneer jy die Jesus Saves Daily spanne in aksie sien, weet jy dit kán.

Die Jesus Saves Daily spanne kom lewer daagliks dienste by die Ophelp Projekte se “City depot” in die Bo-Kaap. Hulle was die oorjasse (bibs), die handdoeke wat gebruik word by die storte en doen allerhande ander take om die depot netjies en skoon te hou.

Ons troetelnaam vir hierdie spesiale mense is MIPS – Mentally Impaired People of the Streets. Ons MIPS is verstandelik of fisies gestremd en kan nie die eise van gewone opruimskofte hanteer nie, maar lewer noodsaaklike dienste by Ophelp Projekte tydens hulle twee-uur skofte.

 

Jesus Saves Daily Jesus Saves Daily

 

Die liewe, liewe ‘wasbads’

Almal weet waar die “wasbads” is – Kasteelstraat in die Bo-Kaap, by Ophelp Projekte se depot. Hier kan enige iemand (nie net Ophelp Projekte deelnemers nie) ‘n gratis stort neem, toiletware en handdoek ingesluit. Die afgelope ses maande is daar ongeveer 8 482 keer gestort en die “wasbads” het vir baie ‘n plek van omgee en liefde geword.

wasbads wasbads

 

Straatwerk se toegewyde werkers
Central services Prostitution: prevention and recovery
SENTRALE DIENSTE
Hierdie span sorg dat die kantoor en huishouding op gladde wiele loop en altyd gereed is vir enige opleidingsgeleentheid, spesiale uitreik, krisis of wat ookal die behoefte is. Die kommunikasie-afdeling sorg vir nuusbriewe, sosiale media, bekendstellings en die ontvang van groepe wat saam kom uitreik.
PROSTITUSIE: VOORKOMING EN HERSTEL
Hierdie span vroue bestuur die hele Waardevol vir Jesus-veldtog plaaslik en nasionaal en lei vroue op om die veldtog in hulle eie gemeenskappe te implementeer. Hulle koordineer ook die straat-uitreike, opvolgbesoeke en ander noodsaaklike dienste vir die vroue wat vasgevang is in prostitusie. Daar word ook ‘n dissipelskappad gestap met diegene wat die Here begin vertrou met hulle hele lewe.

 

Ophelp Projekte OPHELP PROJEKTEHierdie groep mense bestuur ongeveer 400 mense om te sorg dat die strate van die breër Kaapstad omgewing skoon bly. Daar is ongeveer 68 skoonmaakskofte van-af ons Stad-depot per week en 32 skofte per week van die Mowbraydepot. Skofte bestaan uit ‘n voorman en werkers. Daar is ook skofte vir basiese onderhouds-werk aan die paaie in die middestad en ander tegniese skofte.
Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin

Engele by onsOns se altyd dat beskermengele oortyd by Straatwerk moet werk, maar verstaan ons werklik die rol van engele in ons lewens?

Sannie Wiese is al vir baie jare ‘n lojale ondersteuner van Straatwerk en dien ook op ons Dameskomitee*. Sannie het oor die jare ‘n deeglike studie oor engele gedoen en is sedert 1996 ‘n gereelde spreker by ‘n verskeidenheid van byeenkomste.

Haar nuutste boek, Engele by ons, werp die lig op onderwerpe soos: Het ek my eie beskermengel? Hoe lyk engele? Kinders en hulle engele. Engele en spiritualiteit. Die boek is ook vol van werklike ervarings wat mense met engele gehad het.

Kry gerus jou kopie van Engele by ons. Die boek is beskikbaar by toonaangewende boekwinkels asook direk by Sannie by ewiese@mweb.co.za of Straatwerk by cila@straatwerk.org.za.

*Die Dameskomitee bied ondersteuning op ‘n verskeidenheid van maniere vir die werkers by Straatwerk. As jy wil deel word van die Dameskomitee, skakel gerus vir Lisa Truter by 021 930 8055 of lisa@straatwerk.org.za

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
A, B, C,D, E, F, G…

Wie sou kon dink dat kinders dit sou verkies om te sit en lees en legkaart bou as om met balle en springtoue en hoelahoepels te speel? En wie sou kon droom dat kinders ‘n geletterdheidsklas sou kies bo speletjies? Dit het gebeur! Uiteindelik.

‘n Paar maande gelede het ‘n pragtige 12-jarige meisie wat in Graad Sewe is opgewonde gesê dat sy hardop uit ‘n boek wil lees. Sy het sukkelend oor die woorde gestamel, maar moedig deurgedruk. Die boek wat sy gelees het was vir drie- tot vier- jariges bedoel. ‘n Mens se hart gaan uit na so ‘n kind, maar sy is een van baie wat met ‘n basiese geletterdheidsprobleem sit.

Ons Zoë Trust-span het koppe bymekaargesit, raad ingewin en besluit om die SmartBrain geletterdheidskursus (www.smartbrainsa.co.za) te implementeer. Dit het baie harde werk geverg van die “onderwysers” want hulle het ook nie die voorreg gehad om hulle skoolloopbane te voltooi nie en moes eers self die kursus onder die knie kry.

In die Julie skoolvakansie het hulle hul eerste proefklasse aangebied en dit was ‘n groot sukses. Vanaf Augustus gaan daar op ‘n daaglikse basis geletterdheidsklasse in verskillende ouderdomsgroepe by ons huis in Badsberg Close in Heideveld aangebied word. Ons het ook ‘n spesiale klas laat bou in Ouma Joan se erf (ons buurvrou oorkant die pad) wat meer kinders op ‘n slag kan akkommodeer.

Ons is ook baie opgewonde dat ons “Babbelbekkies” informele vroeë kinderontwikkelingklasse nou vyf dae per week gaan plaasvind in plaas van net eenmaal per week. En almal in ons omgewing sal maar moet gewoond raak aan die geklank van die A, B, C…

Badsberg Close, Heideveld Badsberg Close, Heideveld
Daar was tyd om klei te speel en tou te spring, maar legkaartbou en lees was bo aan die lys van vakansie aktiwiteite in Badsberg Close! Baie dankie aan die
jeug van Fresh Wind Ministries wat met soveel ywer deelgeneem het aan die vakansieprogram (www.freshwind.co.za).
Badsberg Close, Heideveld Badsberg Close, Heideveld
Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin

Waardevol vir JesusMadri Bruwer

Daar word dikwels na vroue wat deur mensehandel in prostitusie betrokke geraak het, verwys as “geforseerde” prostitusie en hulle wat nie deur mensehandel daartoe toegetree het nie, as “vrywillige” prostitusie.

Straatwerk se uitreike na vroue vasgevang in prostitusie
Indien ‘n vrou bewus of onbewus; binne haar eie land of van ‘n ander; met of sonder haar toestemming; of hoe ookal in seksuele aktiwiteite vir vergoeding betrokke raak en binne Straatwerk se areas van bediening is, gryp ons die geleentheid aan om haar te bedien. Ons glo dat die vroue (en ons) nie net aan haar as ‘n slagoffer moet dink nie, maar as ‘n volwaardige mens wat keuses kan maak.

Straatwerk se Waardevol vir Jesus-veldtog
Ons glo dat God alle vorme van seksuele misbruik, prostitusie en pornografie wil uitwis, deur gefokusde gebed en gedringde aksie deur plaaslike gemeentes. Die Waardevol vir Jesus-veldtog is ‘n skoleprojek wat nasionaal aan die gang is.

Kyk gerus na die advertensie van die pakket wat beskikbaar is en raak deel!

Skakel ons gerus vir meer inligting: madri@straatwerk.org.za

Posted in Artikels   Tagged , | Read more...
 
Donate Today!
Get the latest news and updates by subscribing to our newsletter. Just sign up to the right and you'll be added to our newsletter!
Signup to our Newsletter:

Login

Publish a login form or anything you want to this position.

Register

Publish a registration form or anything you want to this position.