register(); ?> Naguitreike: Besoekers en medewerkers vertel van hul ervaringe on Straatwerk

NEW! Drop Down Now Included In Vertex

This month another new addition to the Vertex Framework is the S5 Ultimate Drop Down. This is a feature that was seen in several Shape 5 designs. Many have asked how to add to other designs so we decided to build this into the framework so every design here on out will have this functionality. Be sure to read more about this new feature here: Features:

  • Customize almost everything! Shadows, borders, gradient, opacity
  • Contains 6 module positions drop_down_1, drop_down_2, drop_down_3, drop_down_4, drop_down_5 and drop_down_6
  • Auto adjust to the height of your content
  • Set your own open and close text
  • And many more features!
Open Panel
[postdate d]
[postdate M]
Naguitreike: Besoekers en medewerkers vertel van hul ervaringe

“Vrydagaand het ons aangesluit by Straatwerk. Ons is oorweldig deur die gasvrye ontvangs, energie, toewyding, blymoedigheid en liefde. Ons is ingelei in die bedieninge, het saam ge-worship en twee keer in die loop van die aand/nag saam uitgereik. Daar is soveel respek en waardering op die strate vir hierdie bediening. Die fokus is nie op preek en bekeer nie, maar op die bring van die liefde van Christus, Christus Self, in woorde en dade van diens en gee.”
Besoekers van Montagu

“Hoe surreal is dit? Ek staan in die middel van die stad wat ek soos die palm van my hand ken met ‘n bright bib aan wat sê: Valuable to Jesus – STOP abuse, prostitution and pornography. Ek bly al vir jare in die stad en ek het gewonder of hierdie straatuitreike en bib-draery regtig effektief is (dit was my tweede uitreik). Ons groep was besig om te bid toe ek drie manne aangestap sien kom. Regte metro-stadsmanne, wellgroomed en reg vir die aandjie uit. Hulle het doodstil by ons kom staan en gewag totdat ons klaar gebid het, alhoewel hulle oënskynlik gelyk het soos mense wat nie gebed nodig het nie.

Hulle het hulleself voorgestel en genoem waarvoor ons kon bid. ‘n Oomblik waar ek ‘n Goddelike afspraak kon sien. Reg voor my oë. Ek in my bright bib. En ek kan nie glo dat dit so ‘n impak kan maak nie. “Ek weet nie wanneer laas ek soveel gebid het nie … en geen van die gebede was vir myself nie. “Bright bibs, straatuitreike en bid BO!”
Vrydagnag medewerker

 

Kom raak deel van die bright bib en bid BO spanne. Kontak ons by 021 930 8055, of lisa@straatwerk.org.za

 

Naguitreike Naguitreike
Die span is gereed om uit te reik na vroue vasgevang in prostitusie. Die span van Montagu gereed om met rolstoel en al die
strate van Kaapstad aan te durf.
Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
6 000 paaseiers en paashase later …

In die boekie: As ek nog net één preek gehad het, is daar ‘n preek wat al baie jare gelede ‘n baie groot indruk op my gemaak het. Dr. Johan van Schalkwyk het die vraag gevra: Besig met paashase?

‘Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word.’ (Prediker 12:13)

Hy vertel van sy kinders se teleurstelling en skok toe hulle sien wat gebeur as hulle die kop van die paashaas afruk. Die belofte van die blink papier, die reuk van sjokolade, die grootte van die paashaas en toe … LEEG!

Dr. Johan skryf: ‘Dis waaroor die boek Prediker gaan: Hy wat hom net met die lekker dinge in die lewe wil besig hou, is besig om sjokoladehase te vertroetel. Dié boek wil ons leer dat ware geluk alleen by God te vinde is.’

Dit was ons voorreg om juis dit met mense te kon gaan deel. Woensdagmiddag in Heideveld, Donderdagaand in Voortrekkerweg en Vrydagnag op die strate van Kaapstad. En van die ekstra paaseiers is na Tygerberg Hospitaal en vulstasies en sommer oral waar mense besig was met hulle daaglikse roetines.

Dankie vir al die paaseiers en ander bydraes. Ons grootste verwagtings is oortref. By verre. Dankie Jesus.
 

6 000 Easter eggs and bunnies later 6 000 Easter eggs and bunnies later
Ongeveer 100 kinders van die Zoë Trust Kids’ Club in Heideveld het Paasfees op ‘n diensbare manier gevier. Hulle het die strate ingevaar met vullissakke en papiere
opgetel dat die stof so staan, en tussen-in het hulle ook die inwoners van die plaaslike
gemeenskap bederf met paaseiers.
Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
Aksie Immanuel in aksie

Belinda Bekker

God het ons nooit gevra om die wêreld te red nie – want Hy het dit reeds oorwin. Hy het ons gevra om te deel wat ons ontvang het – DIE WAARHEID.

Johannes 8:32 “…en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak…”

Die Aksie Immanuel-span van 2013 het bestaan uit sowat 30 vrywilligers tussen die ouderdomme van 11 en 70 jaar. Ons het almal saam by Straatwerk se hoofkantoor gebly, en ons het gefunksioneer as ‘n geestelike familie onder een dak. As die liggaam van Christus het ons beweeg en asemgehaal as een.

Ons is die geleentheid gegee om ons eie gejaagde wêreld vir ‘n rukkie totsiens te wuif en om onder die leiding van die Here te fokus op ander mense se realiteite wat hulle daagliks in die gesig staar.

Ons het in verskillende spanne uitgereik op die strate van na die stories van mense wat graag met ons wou deel. Maar hoe vind ‘n mens die regte woorde om deur te dring na die harte van gebroke mense wat so hard geword het?

Psalm 34:19 – “Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.”

Daar was een ontmoeting wat ingeprent is in my gedagtes. Ek het ‘n jong tienermeisie, wat betrokke is in prostitusie, op straat ontmoet. Ek het haar met ope arms omhels, en in plaas daarvan dat ons gesels het, het sy begin huil. Jare van swaarkry en hartseer het in die vorm van trane oor haar wange geloop. Toe haar warm trane by my rug afrol, het ek oor en oor gefluister: “God het jou lief … God het jou lief …”

Aksie Immanuel was ‘n tyd van hande vat en uitreik na diegene wat gewoonlik ongesiens by ons verbygaan, mense waaraan
ons nie eens tweemaal sou dink nie en maklik sou kon ignoreer.

Dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het.

 

Kerspartytjie:  Die kinders van Heideveld het hope pret by hulle Kersfeespartytjie.
Ophelp partytjie
Links: Almal ontspan lekker onder die bome in De Waalpark vir Ophelp Projekte se jaareindfunksie. Regs: Straatwerk se Fourie Truter
oorhandig ‘n spesiale toekenning vir uitstaande werk in 2013 by Ophelp Projekte, aan Aubrey Dambusa.
Radio Tygerberg
Dit was ‘n aand om te onthou by Radio Tygerberg 104fm toe van die Aksie Immanuel-spanlede hulle getuienisse deel.
Uitreikspanne
En hier gaan hulle – uitreikspanne, gewapen met yskoue mineraalwater, vaar die strate van Kaapstad in.
Vroue-fees
Vroue is bederf met geskenkbewyse van PEP Stores en
kospakkies van CCFM! Dit was regtig Kersfees.
Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
Bang, bang, bang

Lisa Truter

“Train your kids in the right way, because you will have to face whoever they become in the future.”

Met gemengde gevoelens het ek op Kersaand omstreeks 23:00 die telefoon neergesit. Die afgelope tien dae van Aksie Immanuel was so geseënd en ons het soveel heilige oomblikke, Goddelike afsprake en prettige partytjies beleef.

“Lisa, Romano* is geskiet. En sy neef Chadwin*. En Chantal*. Nou net.” Jy kon my met ‘n veer omtik. Dis tog immers Kersdag.

Romano het ‘n jaar of wat gelede besluit om deel te word van die onderwêreld van dwelms en bendebedrywighede, maar ek sal altyd die 14-jarige seun onthou wat ons gehelp het om ons huisie in Badsberg Close op te knap voordat ons daar kon intrek, ‘n ouer Romano wat altyd ons Quantum bussie wou was vir sakgeld en toe die onlangse Romano wat rondskarrel om dwelms op die regte plek en tyd af te lewer. En nou is Romano op 19-jarige ouderdom dood.

Chadwin het ek net so van sien geken, maar ook hy is té vroeg dood. Hy was maar 23.

Chantal is deel van die Monique-groepie, ‘n ondersteuningsgroep vir tienermeisies by ons huis in Badsberg Close. Chantal is nou 17 jaar oud, maar sy moes vyf jaar gelede toekyk hoe haar pa koelbloedig doodgeskiet word. Dieselfde man wat verantwoordelik was vir haar pa se dood het ook die sneller getrek om haar dood te maak, maar Chantal se lewe is gespaar. In haar grootste oomblik van nood het sy uitgeroep na die Here en binne sekondes het ‘n “groot wit lig” haar omgestamp, sodat die koeël haar net skrams getref het.

Hierdie gebeure op Kersaand het my laat dink aan die lied van Tracy Chapman: Bang Bang Bang. Hier is ‘n paar grepe uit die lied:

What you go and do
You go and give the boy a gun
Now there ain’t no place to run to
Ain’t no place to run…
And if he finds himself to be
A reflection of us all
Bang bang bang
He’ll shoot us down

Ek wens die lied was nie waar nie, en ek wonder vir hoe lank gaan ons dit aan ons kinders bly doen (vir die hele lied gaan na: http://youtu.be/TqU3nQkkpxM).

*skuilname is gebruik

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
Klein begin is groot gewin

Hy vra vir hulle: “Hoeveel brood het julle? Gaan kyk.” Nadat hulle gaan kyk het, sê hulle: Vyf, en twee visse.” (Markus 6:38)

‘n Eenvoudige antwoord vir ‘n baie komplekse probleem. Daar was ‘n skare honger mense en ‘n seuntjie met vyf broodjies en twee vissies. Die dissipels was radeloos en moeg. Hulle het so pas teruggekeer van ‘n uitputtende sendingreis, was voetseer, self honger en aan die einde van hulle kragte. Nou word hulle boonop gekonfronteer met ‘n honger massa en word daar van hulle verwag om die skare te voed.

“Here,” voer hulle aan, “moet dit nou regtig op ons agenda wees? Is daar nie ‘n alternatief nie? Moet die mense nie maar van die bestaande kanale gebruik maak en op die dorpies en plase vir hulle iets te ete gaan koop nie? Here, stuur hulle tog net weg!”.

Ons sou hulle argument verder kon voer, ‘n mens moet tog realisties wees. Let op die werklikhede, die statistiek. Sien jy wat aangaan in ons eie land, in my eie omgewing sou jy kon byvoeg. Aan die een kant vyfduisend mans, as jy die vroue en kinders by tel tienduisend of vyftienduisend mense, byeen op ‘n afgeleë plek.

Aan die ander kant vyf broodjies en twee vissies, die skamele skenking van ‘n opgeskote seuntjie. Die eenvoudigste bydrae van die kleinste onder die kleines.

Ek dink ons elkeen ken die magteloosheid en moedeloosheid van die dissipels en van onsself. Sal my eenvoudige bydrae ‘n verskil maak? Sal dit die wa deur die drif trek?

Waaraan kan ons vir 2014 vashou uit hierdie wonderwerk? Wonderwerke begin nie altyd met engele wat uit die hemel neerdaal nie. Dit is meer dikwels daardie klein dingetjies, daardie belegging in iemand se lewe, wat die verskil maak.

Die wonderwerk gebeur nie net op een vlak nie. Jesus sien om na die basiese behoefte van hierdie mense, stil hulle honger. ‘n Ander honger word ook gestil, ‘n honger na die Lewende Brood. Wanneer Jesus die brood voor hulle oë breek,
bied Hy ook Homself as gebroke, maar Lewende Woord aan hulle.
Oënskynlik terloops staan dit daar in vers 39 – “…die groot aantal mense wat in groepe op die groen gras gaan sit”. Tot dusver het feitlik alles in die Markus evangelie binne die konteks van die woestyn afgespeel, wat vir Markus ‘n simbool is van die wyse waarop die kerk in die wêreld is. Op weg en altyd ontuis. En hier eensklaps sit die mense op groen gras. Onthou jy Psalm 23?

Dit is ‘n beeld van versadigde mense en ‘n beeld van ware lewe – saam met God. En dit alles begin met vyf broodjies en twee vissies. Met ‘n seuntjie wat sy bietjie na die Here toe bring. Klein begin is groot gewin. Dit het alles met my en jou bereidwilligheid te doen. En, in die eerste plek, met dit wat Jesus daaruit maak…

Groete van Fourie en almal by Straatwerk

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
‘n Paar tweedehandse flip-flops of sonbrille vir jou verjaardag…

Nou die dag toe voel dit soos my verjaardag in Badsberg Close, alhoewel dit nie was nie. Ek het die mooiste briefie gekry met die woorde: “Lisa, I love you. You are my best friend. I hop (in plaas van “hope”) you will come to visit.

I love you my best friend. From David.” Ek kon sien dat hy tientalle kere die uitveër moes nadertrek om die briefie tot op hierdie standaard te kry. Net daarna het Tammy na my toe gekom en vir my drie onkruid blommetjies gebring wat sy iewers gepluk het toe sy van die skool af geloop het.

Lewena (ons huismamma) het so ‘n tydjie terug verjaar en een van die kinders het vir haar die pragtigste verjaardagkoek geteken en teen haar kamerdeur geplak. Saam met die “Happy Birthday”, en “love you sis, Lewena”, was daar ook die waarskuwing: “Don tyk it ov”. En glo my, niemand van ons het dit gewaag nie en die prent is steeds teen die deur. Verjaardag of nie, die kinders laat ons altyd baie spesiaal voel.

Die meeste van die kinders se verjaardae lyk ‘n bietjie anders…hulle kom fluister gewoonlik skaam dat dit vandag hulle verjaardag is. Geen koek, geen geskenk en geen partytjie nie. Meeste van hulle is al gewoond aan die leë beloftes van “party packets” en geskenke of nuwe klere.

Op ons eenvoudige manier, vier ons fees met tweedehandse flip-flops (wat twee nommers te groot is) en sonbrille (wat tot op hulle bolippe hang) en drukkies en die “happy birthday” liedjie. Dit maak hulle gelukkig dat ons hulle op hulle name ken. En dit maak ons gelukkig dat daar ‘n God is wat hulle baie beter ken.

Jesaja 43: 1b – “Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]

Alle vorme van prostitusie, ongeag die omgewingsfaktore en omstandighede, veroorsaak diep skade aan elke betrokke individu.

Die Suid-Afrikaanse Wetshervormingskommissie is besig om aan nuwe wetgewing rakende prostitusie te werk. Die opsies wat oorweeg word, is kriminalisering; gedeeltelike kriminalisering; wettiging en dekriminalisering. Daar is tans sterk ondersteuning vir dekriminalisering*.

Jesus het gekom om oorvloedslewe te bring aan elkeen wat Sy gawe van vergifnis en nuwe lewe ontvang.

Bid asseblief saam met ons:
Liewe Heer, U staan teen elke vorm van prostitusie, omdat U weet hoe kosbaar U elkeen van ons gemaak het. Ons glo die wette van ons land moet die waarde van elke individu kommunikeer; beskerm teen enigiets wat mense degradeer en skade aandoen, sowel as om familiewaardes sterk te ondersteun. Liewe Heer, mag prostitusie in Suid-Afrika gekriminaliseer bly. Mag ons, as U Kerk, U oorvloedige liefde en lewe deel! Kontak ons gerus indien jy meer inligting wil hê.

*Dekriminalisering verwys na die verwydering van alle wetgewing rakende die bedryf van prostitusie.

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
‘Mens verkoop nie iets waarvoor jy lief is nie’

Sy is vriendelik, energiek, interessant en ‘n simbool van ‘n God wat mense se lewens heeltemal kan nuut maak, maar dit was nie altyd so nie…

Amanda het in Ravensmead grootgeword en op 24-jarige ouderdom begin flankeer met dwelms. Sy was nie ‘n gebruiker nie, maar ‘n dwelm-koerier regoor Suid-Afrika. Sy is gevang en het ses jaar tronkstraf ontvang waarvan sy drie en ‘n half jaar moes uitdien. Op 29-jarige ouderdom was sy moedeloos en depressief en het begin om dwelms te gebruik. Een ding het na ‘n ander gelei en sy het betrokke geraak in prostitusie om haar dwelmgewoonte te finansier.

Ontmoet vir Amanda, ‘n baie getroue medewerker:

Waar het jy van Straatwerk gehoor?
Ek het Straatwerk se mense gesien toe ek nog besig was om verkeerde draaie te loop. Nadat ek die Here ontmoet het, het ‘n pastoor in Brooklyn vir my genoem dat daar uitreike van Straatwerk is waaraan ek kon deelneem.

Hoe het jy betrokke geraak by Straatwerk?
Ek het Straatwerk se kantoor gebel en ek het begin om saam uit te reik. Ek glo dat die Here die passie vir die uitreike na vroue wat vasgevang is in prostitusie in my hart kom plaas het.

Wat beteken Vrydagnagte se uitreike vir jou persoonlik?
Ek hou baie daarvan om uit te gaan op straat om met die vroue te gesels. Ek deel graag met hulle dat alles nie tevergeefs is nie en dat daar ‘n ander lewe vir hulle is. Baie keer sal die vroue dinge sê soos “jy sal nooit verstaan nie” en “jy weet nie waardeur ek gaan nie’” maar dit is juis dan wanneer ek my getuienis deel.

Wat is jou grootste vreugde?

Om in die oggend wakker te word, dwelmvry, en te weet dat die Here my siel gered het.

Wat is jou grootste hartseer?
Haweloosheid. Dit was ook een van my grootste vrese. Ek was nooit haweloos nie, maar ek het altyd geweet dat dit maklik kon gebeur het in my tipe leefstyl.

Wat is jou gunsteling teks uit die Bybel?
1 Korintiërs 10:13 – “Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.”

‘n Laaste woord:
Eenmaal het ‘n man vir my gesê dat ek lief is vir seks. Ek het net my kop geskud en gesê: “Mens verkoop nie iets waarvoor jy lief is nie”. In die Here het ek geleer om myself lief te hê.

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Oupa, die jong man en die dametjie…

Wat het hierdie drie mense in gemeen? Al drie het ‘n plek gesoek om te behoort. En dit by Straatwerk gevind.

Oupa het vir jare na Straatwerk se Ophelp Projekte-depot gestap om daar, op sy stil manier, ‘n verskil te maak. Hy kon nie deelneem aan die gewone skofte van harde en vermoeiende werk nie, maar hy was diensbaar deur die Jesus Saves-jassies te was en die depot se sitbankies skoon te hou.

Oupa, op die ouderdom van 90+, het aan die begin van die jaar afgetree, want hy is amper heeltemal blind. Oupa is steeds ‘n inspirasie vir ons almal.

Ashley se lewe het begin skeefloop toe hy 17 jaar oud was. Hy het verkeerde vriende gekies, begin dagga rook en te veel gedrink. En uiteindelik het sy huislike omstandighede hom na die strate gedwing. Hy het verslaaf geraak aan ‘n lewe van geen verantwoordelikheid, geen werk en rondslenter.

Een nag was Ashley (toe 25 jaar oud) doelloos aan die rondloop in Groenpunt, en die Straatwerk-kombi (‘n bekende gesig in die middel van die nag) het verby hom gery. Die uitreikspan het vir Ashley gewaar en met hom en sy vriend gaan gesels.

Ashley en sy vriend was nie regtig geïnteresseerd nie, maar het tog langtand die Straatwerk kaartjie geneem. Twee weke later het Ashley se vriend steeds die kaartjie gehad en Ashley het besluit om te gaan kyk waaroor hierdie Ophelp Projekte gaan, want hy was moeg, desperaat en uitgeput van ‘n doellose lewe.

Ophelp Projekte se stoorvrou het na hom uitgereik, sy naam opgegee vir ‘n skof en gesê: “Dis finish en klaar; jy is nou deel van Ophelp”.

Ashley is nou ‘n voorman by die Mowbray-depot en ‘n voorbeeld vir al die deelnemers daar. Hy getuig: “I’m very happy that Straatwerk found me, or did I find Straatwerk? Either way, the project gave me a second chance at life. No going back.

Jennifer Solomons het op 22 April vanjaar vir die eerste maal na Ophelp Projekte se depot gekom. Sy het op daardie stadium by Napierstraat-nagskuiling gebly en het vir baie van die inwoners daar van Ophelp Projekte vertel nadat sy gaan uitvind het waaroor dit gaan.

Sy het hulle aangemoedig om self “opgehelp” te word uit hulle lewensomstandighede. Jennifer het ‘n bonus van R300 ontvang omdat sy soveel inisiatief aan die dag gelê het om mense wat in dieselfde posisie as sy was, aan te moedig om hulle omstandighede te verander.

Jennifer het nou die dag by die depot ingeloer met ‘n groot glimlag; sy het kontrakwerk vir ‘n jaar by die Brandweerstasie in Roelandstraat gekry! Sy getuig: “Jesus saves, Jesus has saved me. Had it not been for Ophelp Projekte, my life would still be a mess, but I have learnt valuable lessons at ‘the school of life’ and Jesus helped me through.

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
Miyaan se gebed

Denidia Kilbourn

Die krag van gebed kom in alle skoengroottes voor…

Dit het ek net weer besef toe ek hoor hoe klein Miyaan (3) voor ons almal dankie gesê het vir die toebroodjies wat ons sou ontvang.

Miyaan en haar boetie Abu Bakr (Bakke, soos ons hom ken) is vir die afgelope twee jaar al deel van ons It’s amazing Kids Club, in Heideveld. Elke Dinsdag en Woensdag kom klop hulle aan by ons huisie vir ietsie lekker om te eet, ‘n bietjie liefde en speeltyd saam met die ander maatjies. Die res van die week kom kuier hulle gereeld by ons huismoeder, tannie Lewena, waar die liefde oorloop en daar altyd ietsie ekstra te ete is. Dié twee, onder andere, het voorwaar in ons harte gekruip. Hulle word groot in baie moeilike huislike omstandighede en dis merkwaardig om te sien hoe sterk en tog broos hulle is. Bakke (5) het die rol ingeneem van Miyaan se beskermer. Orals waar Miyaan gaan, gaan Bakke en orals waar Bakke gaan, gaan Miyaan. Die boetie-sussie liefde kan enigiemand van ‘n myl af sien, dis werklik inspirerend.

‘n Tydjie gelede, soos enige ander Woensdag, het ons almal (sowat 120 kinders) bymekaargekom om hande te was en ‘n toebroodjie te geniet, toe ons vra wie gaan vir ons “ogies sê”? Miyaan het dadelik haar hand opgesteek en uitgeskree sy wil. Miyaan is gewoonlik baie stil en beslis nie een om die skare te vermaak nie, maar ons dink dis te danke aan juffrou Magdel (die nuutste toevoeging tot ons span), wat die voorskoolse speelgroepie lei, dat Miyaan haar stem ontdek het.

Miyaan het dadelik haar oë toegemaak, handjies teen mekaar gesit en begin bid; “Seën ons Vader, vir die ete. Laat ons nimmer U vergete. Amen.”

Dit was ‘n groot dankie-sê gebed vir so ‘n klein meisie. Ons kan almal leer by Miyaan; mens is nooit te jonk, of te oud, om op te staan en vir die Here dankie te sê nie.

Posted in Artikels   Read more...
 
Donate Today!
Get the latest news and updates by subscribing to our newsletter. Just sign up to the right and you'll be added to our newsletter!
Signup to our Newsletter:

Login

Publish a login form or anything you want to this position.

Register

Publish a registration form or anything you want to this position.