register(); ?> Ontmoet vir Abigail Chikara on Straatwerk

NEW! Drop Down Now Included In Vertex

This month another new addition to the Vertex Framework is the S5 Ultimate Drop Down. This is a feature that was seen in several Shape 5 designs. Many have asked how to add to other designs so we decided to build this into the framework so every design here on out will have this functionality. Be sure to read more about this new feature here: Features:

  • Customize almost everything! Shadows, borders, gradient, opacity
  • Contains 6 module positions drop_down_1, drop_down_2, drop_down_3, drop_down_4, drop_down_5 and drop_down_6
  • Auto adjust to the height of your content
  • Set your own open and close text
  • And many more features!
Open Panel
[postdate d]
[postdate M]
Ontmoet vir Abigail Chikara

Van wanneer af neem jy deel aan Ophelp Projekte?
Sedert 14 Februarie 2008.

Hoe het jy van Ophelp Projekte gehoor?
Deur iemand wat reeds by die projek betrokke was.

Wat is jou huidige posisie by Ophelp Projekte?
Ophelp Projekte depot se administratiewe beampte.

Wat is die belangrikste les wat jy geleer het vandat jy by Ophelp Projekte betrokke is?
Ek het geleer dat ons mekaar moet liefhê soos Jesus ons lief het en dat samewerking en ondersteuning in ‘n span goeie resultate verseker.

Wat is die beste ding wat met jou gebeur het vandat jy by Ophelp Projekte betrokke is?
My aanstelling as depot administratiewe bestuurder. Ek was so bly en dankbaar vir God en ek het gebid en vir God gesê dat ek elke dag net my beste sal doen.

Wat is jou gunstelling vers in die Bybel?
Jeremia 29:11 “Ek weet wat Ek vir julle beplan het, sê die Here. Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.”

Watter advies of motivering sal jy aan ander gee?
Ons is wat ons dink. Positiewe denke gee positiewe resultate. Hoe jy dink beïnvloed wat jy glo en bepaal ook hoe jy dan optree. Ons moenie negatiewe denkpatrone volg nie. Sê vir jouself jy kan, glo dit, en dan kan jy.

Posted in Artikels   Read more...
 
Die ‘blonde roos’ van Bloemfontein

Lisa Truter

Eendag, ‘n hele paar jaar gelede, het ‘n “blonde roos” besluit om Bloemfontein te verruil vir ‘n apartment in Blue Waters-woonstelblok, Seepunt…en hierdie eenvoudige ruiling het ‘n Seepuntse dominee senuweeagtig na sy telefoon laat gryp…

Die eerste week in Junie 2013 het my weer die Blue Waterswoonstelblok insident laat herleef toe Torings van Hoop, ‘n bediening in Bloemfontein, ons uitgenooi het om ‘n werkswinkel aan te bied met uitreike na vroue vasgevang in prostitusie as tema. Dit was ‘n wonderlike naweek van huisbesoeke aan pragtige, maar gebroke vroue vasgevang in die web van prostitusie en dwelmmisbruik.

Wonderlike oomblikke is ervaar tydens die werkswinkel waar ons saam ontdek het wat die Here se wil vir hierdie vroue is. Ons kon ook Bloemfontein se strate beleef, gewapen met koffie en worsbroodjies vir die vroue.

Met die Vrydagaand se straatuitreik het ons span ‘n meisie ontmoet. Sy was maar karig aangetrek op dié koue aand in Bloemfontein, plankdun en net 17 jaar oud. Ons kon sien sy was vreesbevange. Haar ouers is in 2007 oorlede en sy en haar boeties en sussies het by hulle ouma gaan bly. Sy het in 2010 weggeloop en hulle het haar nooit weer gesien nie. Sy bly by ‘n koppelaar (‘pimp’) en ‘n soort-vanvriendin.

Sy het gesukkel om ons in die oë te kyk en een van haar eerste sinne aan ons, in ‘n fluisterstem, was: “They rape us, but they don’t even pay us.” Met ‘n koppie koffie en worsbroodjie kon ons die liefde van die Here met haar deel en sien hoe sy soos ‘n honger, bang en onseker diertjie die broodjie en koffie gulsig afsluk. Daar was nog baie vroue, almal honger vir liefde en hoop. Mag die Here die bediening van Torings van Hoop seën en lei in hierdie wonderlike nuwe seisoen.

Terug by die arme dominee van jare gelede…die “blonde roos” het by hulle kerkkantoor aangeklop vir hulp en sommer in duidelike terme verduidelik hoe sy die brood op die tafel sit. En hoe meer sy verduidelik het, hoe meer het die dominee besef: Phone a friend. En daardie vriend was Fourie.

Ek en Fourie het sommer dadelik na die apartment gegaan en aan die deur geklop. Die vrou se seun het oopgemaak en ons baie vriendelik ingenooi. Sy het op die dubbelbed gesit en regs van haar het die masseerbed gestaan. Daar was nie ‘n stoel in sig nie, so Fourie het maar so gesit-lê op die bed en ek het langs haar gaan sit. Op haar bedkassie was ‘n Bybel en so drie Solly Ozrovech dagstukkie boeke. Sonder dat ek iets gevra het, het sy gesê: ‘Ek kan nie in die aand gaan slaap as ek nie my stukkie Bybel en oom Solly vir die dag gelees het nie.’

Die uiteinde was dat sy en haar seun terug is na Bloemfontein. Ek wonder of sy dalk een van die vroue was wat ons die Vrydagmiddag tydens die opvolgbesoeke ontmoet het. Prostitusie vervorm en vermink vroue so vining dat ek haar heel moontlik nie eens meer sou kon herken nie. Ek het ook daar op die oop vlakte gewonder of sy ooit nog leef en hoe dit met haar rooikop seun gaan wat net nie op skool kon vorder nie.

Dalk moet ons almal maar meer senuweeagtig na die telefoon gryp, wanneer ons dinge teëkom wat ons ongemaklik maak en saam begin opstaan vir die dinge wat besig is om die hart van ons land te vernietig.

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin

Ons ken vir Tamara al vandat sy 18 of 19 jaar oud was en het haar in Seepunt ontmoet. Ons het die voorreg gehad om op verskillende maniere en plekke uit te reik na haar.

Tamara het in die gevangenis beland en sy getuig dat dit haar rehabilitasiesentrum was en dat sy daar besluit het om nie terug te gaan na haar lewe van prostitusie nie. Sy het blyplek en werk (die verkoop van skoonmaakmiddels) by ‘n vriend gekry. Na ‘n tyd het hy egter van haar verwag om weer betrokke te raak in prostitusie en dit was glad nie ‘n opsie in haar gedagtes nie. Die Here het op ‘n wonderbaarlike manier ingegryp in die situasie en ons kon haar help om in ‘n nagskuiling blyplek te kry. Die Here het ook ‘n werk vir Tamara voorsien.

Uit Tamara se eie mond kan jy hier die storie hoor. Dit is haar presiese woorde tydens ‘n onderhoud:

My name is Tamara Nachalwe. I’m from Zambia. I came on South Africa in 2000. I’ve been in South Africa almost 15 years now. And it was not good to be in South Africa without no family. I ended up being a prostitute, sold myself, because my friends taught me how to do drugs. Then I was very hooked. Almost 15 years I smoked drugs. I smoked different drugs; rocks, Tik and a lot of buttons and things. But now I’ve met Jesus as my personal Saviour. Jesus has changed my life totally.

I stayed in this country also illegal almost for seven years. I didn’t renew my papers. But the day I met God, everything changed. I went to immigration to renew my papers. God has provided me with a permit, without paying any money. Glory to God is all I can say. Because where God open the doors no one can close it.

It is hard to come out from the life in which I was, to be who I am. Like now when I look at my skin, I look at myself. I just say, ‘Thank God for what You’ve done!’.

I haven’t seen my family even for 15 years. Maybe my family they even think I’m not around, I died. But by the power of God I’m alive. I just want to tell the people out there that, ‘people, it’s not too late for you to decide, because when God opened a door for you, no one can close it’.

I just want to say thank you to the Straatwerk people. I was every time selling myself for money, money which never even lasted. And I had not peace in me. But thank God the Straatwerk people came to me and they taught me the Word of God. They did not only teach me once. They came to me always, in these years they were like friends for me. They come every time in and out. They put me in shelters, for me to change. Up to now I can stand on my feet and say, ‘thank you!’ to Straatwerk people.

Tamara het Kersdag alleen gevoel en wou nie saam met haar vriendin kerk toe gaan nie. Sy het toe besluit om haar hare te laat doen, al was dit nie regtig wat sy wou doen nie. Terwyl sy vir haar beurt gewag het, het sy ons Aksie Immanuel uitreikspan gesien en saam met hulle begin uitreik. Ons het haar toe na Straatwerk genooi vir middagete om deel te wees van die groter Straatwerk familie. Die Here se tydsberekening bly verstommend.

Hoe om betrokke te raak by hierdie vroue se lewens

  • Neem ‘n vrou aan om spesifiek voor te bid.
  • Hope’s up – dit is vrywillige werk by verdienstelike organisasies (soos ouetehuise, DBV, ens.) waarvoor Straatwerk die vroue dan vergoed. Dit help hulle om iets te he om op hulle CV te skryf en om nodige vaardighede te ontwikkel (R120 per dag).
  • Journey of Hope – elke Donderdagoggend is daar ‘n samekoms van vroue wat uit die lewensstyl van prostitusie kom; daar word gefokus op hulle groei deur die beskikbaarheid van verskillende dienste (soos berading). So ‘n oggend kos gemiddeld R40 per persoon, vervoergeld ingesluit.
  • Verblyf by ‘n skuiling – R25 per nag.
  • Hulp met kos en nodige lewensmiddele (toiletware, nie bederbare produkte, ens.).
  • Indien jy ‘n finansiële bydrae wil maak vir hierdie spesifieke afdeling van Straatwerk, gebruik asseblief die verwysing Prostitusie:Voork&he
Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
Aksie Immanuel 2016 uitreike

Dankie briewe

Greetings in Jesus Name,

We at Aloe High appreciate the ladies [of the Valuable to Jesus campaign} taking time out their busy day to come and pray for us. Since their inception, our school has been blessed. Violence is almost non-existent, behaviour has improved. With our prayer warriors constantly keeping us under the Precious life, we have carefree days. Please continue your service at our school, we depend on it.

Yours in anticipation,
Julia and Prudence, admin

We, the principal, staff, SGB and learners of Aloe Junior High would like to express our heartfelt thanks and appreciation towards the group of ladies who visit and pray for our learners and staff on a Monday.

The prayers definitely make a huge and positive difference in the behaviour and attitudes of our learners. The fact that they also go around on the school ground and pray for individual learners also had a positive impact on their behaviour. We really appreciate their positive influence at our school and trust that we can depend on their service in the future.

We wish them well with their future endeavours.

Thanking in education,
FH Daniels, deputy principal

10 jaar getroue diens

CharlotteCharlotte Januarie het op 19 Desember verlede jaar haar 10-jaar diens by Ophelp Projekte gevier. Haar diens by Ophelp Projekte is van onskatbare waarde.

Ophelp Projekte is ‘n werksrehabilitasieprogram vir persone wat nog nie kwalifiseer of in staat is om produktief en verantwoordelik op te tree nie. Ophelp Projekte help desperate persone, meestal hawelose mense om kontant in die hand te verdien deur harde werk as ‘n alternatief vir aggressiewe bedelary, diefstal en ander misdaad. Belangrike lewensvaardighede word oorgedra en vele skoonmaakdienste in verskeie areas word onderneem.

As jy hierdie program wil ondersteun kan jy ‘n skof borg teen R50 per persoon vir vier ure se werk. Gebruik die verwysing: Ophelp

Posted in Artikels   Read more...
 
[postdate d]
[postdate M]
Written by admin
Hy ken ons…

Here, U deursoek my en ken my;…U ken my gedagtes van ver af. (Psalm 139:1)
Deursoek my, o God, en ken my hart; toets my onrustige gemoed… (Psalm 139: 23)

Lisa Truter

Baie ure in ‘n mens se ryding verseker dat jy jou toevlug neem tot die radio. Dan, soos dit nou maar gaan, spring jy van een stasie na ‘n ander. “Die minimum en maksimum temperature…” (tog net nie weer die weerberig nie); “We don’t care, we just don’t care…” (John Legend, hy’s goed, maar nie nou nie); en so spring ek van een stasie na die ander. Die prediker preek verwoed, die klassieke musiek speel luid en ewe skielik ‘n inbelprogram, met ‘n holruggeryde tema: Hoe lank neem vroue om hulle gereed te kry vir ‘n aandjie uit? Duidelik is ek in die old school. Aantrek is nou ‘n wetenskap, lyk dit my. Die dametjie wat die program aanbied neem twee ure. ‘n Halfuur om hare te doen, ‘n uur vir haar grimering en dan nog ‘n halfuur om aan te trek, bygesê, dan is daar al in die afgelope week besluit wat om aan te trek. Sy neem besluite oor haar klere op grond van die skoene wat sy aantrek, want sy het ‘n paar skoene vir elke uitrusting. Wat het geword van drie paar skoene wat dienlik by alles pas? (My ma het my nog geleer van die swart, bruin en kerkskoene.)

Die jong man wat saam met haar die program aanbied sê sy hare vat ten minste 15 minute en hy bad nie voor hy uitgaan nie, want hy sweet in elk geval as hy dans; hy stort as hy terugkom. Wat hom die langste neem is om te besluit watter styl klere hy gaan aantrek – is dit vanaand retro of meer funk of branded of neutrale klere?

“I take an hour to do my make-up because I like detail. If I do smokey eyes for the evening, I need to know that I have the best smokey eyes in the club. Later when I go to the bar, I need to know that people will notice the detail, from my eyes to my shoes. When I enter the club I need to know that I will not go unnoticed.”

Wanneer ek saam met ons uitreikspanne by die nagklubs rondloop en al die mense sien, dan bly ek wonder: “So poppie, ‘n hoeveel uur gesiggie is jy?”

Caroline het nie ‘n drie-uur gesiggie nie. Sy het nie eens ‘n 15-minute gesiggie nie. Snye, merke, donker kringe onder die oë, min tande en dienlike afgeloopte swart skoene. Sy hoes, sy hyg, sy stap swaar, maar sy het die mooiste glimlag wat ek nog ooit gesien het. Haar hele gesig verander in een groot kreukel as sy lag. Ek wonder hoe sal sy lyk met smokey eyes? Detailed smokey eyes? Siestog, haar oë traan so aanhoudend dat die smokey eyes se mascara seker binne minute op haar kreukel wange sal lê. Wat ‘n spektakel – so much for smokey eyes. Los vir Caroline met die vaseline (as daar is) nagroom en vaseline dagroom en vaseline onderlaag en vaseline blusher en vaseline smokey eyes.

Die Here ken ons, onder ons smokey eyes en donker kringe.

Mag jy vanjaar toelaat dat die Here jou ken, agter die skerms, agter die maskers, sodat ons saam kan verklaar: “Almal wat glo, is nou vry. Ons kan die Here se heerlikheid weerkaats sonder dat daar sluiers oor ons gesigte hang. Hoe meer ons die Here se grootheid raaksien, hoe meer word ons lewe verander om sy ongelooflike heerlikheid te weerkaats. Dis natuurlik die Here self, Hy wat Gees is, wat ons verander om al hoe meer te lyk en te leef soos Hy dit wil hê.” 2 Korintiërs 3:18 (Die Boodskap)

Groete van Fourie en almal by Straatwerk

Posted in Artikels   Read more...
 
Donate Today!
Get the latest news and updates by subscribing to our newsletter. Just sign up to the right and you'll be added to our newsletter!
Signup to our Newsletter:

Login

Publish a login form or anything you want to this position.

Register

Publish a registration form or anything you want to this position.