register(); ?> Prostitusie: Herstel on Straatwerk

NEW! Drop Down Now Included In Vertex

This month another new addition to the Vertex Framework is the S5 Ultimate Drop Down. This is a feature that was seen in several Shape 5 designs. Many have asked how to add to other designs so we decided to build this into the framework so every design here on out will have this functionality. Be sure to read more about this new feature here: Features:

  • Customize almost everything! Shadows, borders, gradient, opacity
  • Contains 6 module positions drop_down_1, drop_down_2, drop_down_3, drop_down_4, drop_down_5 and drop_down_6
  • Auto adjust to the height of your content
  • Set your own open and close text
  • And many more features!
Open Panel

Ons het ‘n aantal inisiatiewe wat daarop gemik is om vroue uit prostitusie te roep, asook om deel te neem aan elkeen se lewensreis terwyl hulle die oorvloedige lewe in Christus ontdek.

Uitreike

Spanne vanuit verskeie plaaslike kerke, ondersteun deur Straatwerk, reik uit na vrouens vasgevang in prostitusie. Op verskillende dae van die week kan die spanne gevind word in die Paarl, Parow, Bellville, Brooklyn, Athlone, Kenilworth en Kaapstad omgewing.

Projek Herstel

Die doel van hierdie projek is om die plaaslike kerke toe te rus in hulle uitreike en herstel van vrouens vasgevang in prostitusie.

Dit bestaan uit die volgende programme:

  • 3-vlak opleiding;
  • werkswinkels;
  • spanbyeenkomste (verskillende uitreikspanne leer en bid saam);
  • internskappe;
  • span mentorskap (op versoek); en
  • administratiewe ondersteuning.

Journey of Hope

Ons ontwikkel prosesse en programme om kerke by te staan in die dissipelskapsreis, insluitend:

 

Individuele holistiese dissipelskap (wat ook al die beste is vir die spesifieke situasie)

Wanneer ‘n vrou besluit om die leefstyl van prostitusie agter te laat, stap ons saam met haar ‘n pad en help haar met haar basiese en praktiese behoeftes, doelwitstelling, begroting en om gesond te leef, terwyl sy leer van die oorvloedige lewe in Christus.

 

Hope Recycling en Hands of Hope

Dit is maniere waarop die vroue kan leer om op ‘n menswaardige manier geld in die hand te verdien. Wanneer hulle items herwin en geld daarvoor ontvang, verdubbel Straatwerk die bedrag. Deur Hands of Hope kan hulle ook armbande maak en verkoop.

Hand of hope bracelet

 

God is lief vir jou. Hy wil hê jy moet Sy kind wees en vir altyd saam met Hom in die Hemel woon.
Sonde skei ons van God.
Jesus het vir ons sonde betaal toe Hy aan die kruis vir ons gesterf het.
Ons is skoongemaak en vergewe van ons sonde wanneer ons Jesus as ons Verlosser aanvaar.
Ons groei geestelik deur te bid, Bybel te lees en Jesus met ander te deel.
Jesus sal terug keer op die wolke en Sy kinders saam met Hom neem.

 

Hope’s Up

Hierdie program gee aan borge die geleentheid om terselfdetyd twee verdienstelike sake te ondersteun: die opheffing van vroue asook ‘n liefdadigheidsorganisasie. Wanneer ‘n vrou toewyding, groei en stabiliteit wys, kwalifiseer sy om borge te ontvang as vergoeding vir haar vrywillige werk by, onder andere, die DBV en ouetehuise.

 

Growing in Hope

Straatwerk bied ‘n residensiële program aan vir ‘n tydperk van drie tot ses maande, by die hoofkantoor in Parow. Hierdie program word aangebied in samewerking met die plaaslike kerke se uitreikspanne en bied beide inwonend, asook dagbesoeker opsies.

 

Daar word weekliks tussen 70 en 80 vroue deur Projek Herstel-spanne bereik.

 
 Straatwerk  / Prostitusie: Herstel
Donate Today!
Get the latest news and updates by subscribing to our newsletter. Just sign up to the right and you'll be added to our newsletter!
Signup to our Newsletter:

Login

Publish a login form or anything you want to this position.

Register

Publish a registration form or anything you want to this position.