Straatwerk
Straatwerk

The love of Christ compels us!
[ 2 Corinthians 5:14 ]
Home :: Stories
Medemenslikheid in publieke toilette

'n Kenner van publieke toilette sal ek myself nie kan noem nie, maar ek het 'n redelike insig in die werking van ons liewe Moederstad se toilette.  Ek ken die reëls, die moets en moenies en word daagliks verras.

Lees verder...
 
Om 28 jaar oud te wees...

28 laat mens dink aan bendes (die agge, hier in die Kaap) en graffiti (die agge wat hulle merk oral los) en 'n mooi ouderdom net so skuins voor dertig.  Of daar is Johnathan.  Hy is 28 – dink ons en hy.  Die ID boekie is alweer by 'n vriend, so hoe kan ons seker wees oor sy ouderdom of die vriend?

 

Lees verder hier...
 
'n Ongewone oases langs die pad...

Elke dag lees ons koerantopskrifte van moord, verkragtig en korrupsie.  Elke dag loop ons verby honger mense, swaarkry mense, bekommerde en depressiewe mense.  Elke dag staan ons op met nuwe moed, maar sommer vroegoggend word ons moed gebreek deur dinge wat ons ontstel en seermaak.  Ons weet dat ons onvoorwaardelik moet liefhê.  Ons weet dat ons op die Here – en op Hom alleen - moet vertrou.  Ons weet baie dinge, maar ons sukkel.  Ons soek na oases langs die pad.  'n Bietjie koel water om te drink wanneer ons uitgeput en oorlaai is.  Die Here verras 'n mens soms met ongewone oases…

Lees verder hier...
 
...want jy is dit werd...

Baie ure in 'n mens se ryding verseker dat 'n mens jou toevlug neem tot die radio.  Dan, soos dit nou maar gaan, spring jy van een stasie na 'n ander.  "Die minimum en maksimum temperature..." - tog net nie weer die weerberig nie; "Tonight is the night to be out on town..." - ek werk vanaand, wat help dit om te luister na al die plesierighede; "We don't care, we just don't care..." - John Legend, hy's goed, maar nie nou nie... en so spring ek van een stasie na die ander.  Die prediker preek verwoed, die Klassieke musiek speel luid en ewe skielik 'n inbelprogram, met 'n holruggeryde tema - Hoe lank neem vroue om hulle gereed te kry vir 'n aandjie uit?  Ek luister, want ek hoop vir 'n vars briesie of dalk nuwe invalshoek op hierdie tema... Ek is geskok.  Duidelik is ek in die old school.  Of meer nog, duidelik is ek in THE OLDEST school.

 

Lees verder hier...
 
Was die lewe maar soos vanilla roomys en tjoklitsous...

Dit was 'n warm, warm dag en ek ry in Kloofstraat af.  'n Mens kan hulle net nie mis nie, die helderkleurige jakkies met Jesus Saves, die grafitti removal trollie met tientalle botteltjies en thinners en geheime produkte soos Grafitti Go wat grafitti in 'n oogwink in die stof laat byt.  Hulle werk moedig en verdien letterlik soos die Bybel sê – in die sweet van hulle aangesig hulle dag se brood.  Ek ry tot by my kantoor, parkeer die motor en stap na hulle toe om te probeer uitvind watter koeldrank hulle wil hê.

 

Lees verder hier...
 
Gardens vs Paradys

My eerste ontmoeting met Bianca was ‘n vreemde een.  Sy was aangetrek in ‘n spierwit rok, spierwit bloes en spierwit erg gepunte hoëhakskoene.  Daardie ‘spierwit’ aand het sy vir my geskree: “Ek stel nie belang in jou Liewe Jesus storietjies nie.  Jy kan mos sien – ek is ‘n maagdelike bruid, vlekkeloos.  Moenie verder met my praat nie, jy jaag my kliënte weg.”

Lees verder hier...
 
Die vullisdromme van ons stad...

Vullisdromme.  Elke stad het baie van hulle alhoewel hulle teenwoordigheid meestal geïgnoreer word, totdat jou groot ou wieledrom op 'n dag spoorloos verdwyn en jou lewe ewe skielik meer morsig en ingewikkeld word.  Elke dag ondervra jy elke bergie wat verbykom oor die verdwyning van jou groot swart wieledrom – maar niemand weet iets daarvan af nie.

 

Lees verder hier...
 
<< Begin < Vorige 1 2 3 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

Kies 'n taal: