Straatwerk
Straatwerk

The love of Christ compels us!
[ 2 Corinthians 5:14 ]
Home :: Wie is ons
About Us

 

 

 
'n Bietjie Geskiedenis

STRAATWERK het in die laat sestigerjare vanuit 'n kerkjeugvereniging van Wynberg NG Gemeente ontstaan. Hierdie jongmense het elke Vrydagaand bymekaargekom vir bybelstudie en ander Christelike aktiwiteite, maar was bekommerd oor diegene wat nie deel was van hulle groep nie, diegene wat verwerp is deur die samelewing, diegene wat stukkend en seer was en gesmag het na genesing. Hulle het met 'n geleende kombi, 'n bak toebroodjies en 'n primusstofie die liefde van Christus gaan deel met diegene wat vêr weg was van die kerk. Vandag is Straatwerk 'n geregistreerde nie-winsgewende organisasie met steeds 'n baie sterk evangelisasie fokus.

Weens die diversiteit van ons stad is dit 'n voorreg om te kan uitreik na mense ongeag van ras, ouderdom, godsdiens, kultuur of seksuele oriëntasie. STRAATWERK se werkerskorps weerspieël die ryke verskeidenheid van ons land se bevolkingsamestelling en verteenwoordig 'n verskeidenheid van kerklike denominasies.

STRAATWERK se fokusarea en die ontmoetingspunt met ons teikengroepe is die middestad van Kaapstad, Groenpunt en Seepunt. Opvolgbesoeke word oor die hele Skiereiland gedoen.

Dié naglewe het ons aan die "nag" van die sondigheid in die lewe van die naglopers – soos ons hulle genoem het – voorgestel. 'n Leefwyse waaraan die jeug van ons land al hoe meer blootgestel sou word en waarby sommige onskuldig en ander met oop oë betrek sou word. Baie van hulle sou ons pad kruis. Sommige sou ons vind in smerige, stinkende hole, ander in destydse verbeteringskole, in polisieselle, tronke, inrigtings vir dwelmslawe en alkoholiste, gesellinklubs en talle op die bote in die hawe. Daar was ook van hulle wie se lyke ons in die staatslykshuis sou moes gaan uitken.

In die vertrek waar ons byeengekom het om saam te gesels en te bid, het dit nog goed gegaan, daar tussen ons vriende in die Here. Maar wanneer ons daar uitgestap het, die donker en onbekende in, waar die onrustige, polsende musiek oorverdowend die onsekerheid en rebelsheid van die vasgevangde naglopers gevoed en meegesleur het – dán het dit skielik koud geword buite en was ‘n mens so bewus van jou eie onvermoë en onbeholpenheid. Ons het uit ons plek gevoel. Ja, soms bang in die vreemde wêreld van oorverdowende musiek, die reuk van dagga in die lug en die kruheid van vuil taal in ons ore.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(geneem uit "Met Christus op straat", geskryf deur wyle Ds. Pietie Victor)

 

"Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God."
-2 Korintiërs 5:17,18a
 

Vision


The Body of Christ in Action

 

Mission


STRAATWERK believes Christ is the Word of God, Christ is the image of God and Christ is the wisdom of God. STRAATWERK believes the Word of God must reach fulfilment in our daily activities, in the way we are and in the way we interact.

The kingdom of God must come to earth as it is in heaven.

STRAATWERK views it as a priority in its outreaches to people in distress, to mobilise the Body of Christ through participation and active involvement. Our focus is always concrete and practical in terms of life skills, i.e., how to live in the spirit of Christ.

It is important for us to:

  • be visible Christians in the city centre
  • be willing to serve graciously and to ease the burden of distress
  • speak on behalf of those who cannot make their voices heard ( Proverbs 31:8-9)