STRAATWERK

homeaboutprojectsjoinnewsletterfaqcontact
Straatwerk Projects
straatwerk coffee rooms
Straatwerk Volunteer?
top

Uitreikbediening na Haweloses    [ Click here for English ]

Die bediening funksioneer deur middel van dissipelgroepe. Hierdie dissipelgroepe bestaan uit persone wat gereaggeer het op die roepstem van Christus om sy dissipels te wees. Die dissipelgroepaktiwiteite sorg vir die nodige geloofsopleiding en bemagtiging om deel te neem aan die uitreik-aktiwiteite van die dissipelgroepe. Die dissipelgroepe saam vorm die “straatwyk” van ‘n gemeente in die middestad (Cape Peninsula Reformed Church).

Residensiële fasiliteit: BethShalom

BethShalom is ons eerste FIlemonhuis. Elke Dissipelgroep word aangemoedig om ‘n Filemonhuis te bestuur wat ‘n kommunale huishouding voorsien vir daardie lede van die dissipelgroep wat nie op hul eie ‘n woning en ‘n huishouding kan bekostig nie. Die voorwaardes vir deelname om: 1. in die vermoë te wees om regverdig finansieel te kan bydra tot die uitgawes van die huishouding 2. deel te wees van die dissipelgroep. ‘n Filemonhuis is ook veronderstel om krisis oornag-akkommodasie vir desperate persone te kan bied, as dit goed gevestig is en verantwoordelik en kundig bestuur word.

Uitreik Aktiwiteite van die Dissipelgroepe

OPHELP-Projekte

OPHELP Projekte is nie ‘werkskepping’ vir werklose persone nie, maar die rehabilitering van persone wat nog nie kwalifiseer of in staat is om produktief en verantwoordelik op te tree nie. OPHELP Projekte help desperate persone (meestal hawelose mense wat op die straat leef) om ‘kontant in die hand’ te verdien deur harde werk, as ’n alternatief vir aggressiewe bedelary, diefstal en ander misdaad. Soos wat hulle aan sulke geleenthede deelneem, word hulle afgerig in die basiese beginsels en etiek van ‘werk vir jou inkomste’, sowel as om opgeroep te word om dissipels van Jesus te word en by ‘n dissipelgroep aan te sluit (ons noem dit “Die Skool van die Lewe”).

OPHELP-Projekte het twee bane:

Baan EEN: Projek OPRUIM / The JESUS SAVES Project

Dit is vir die algemene arbeider wat verwag om iewers ‘n werknemer te word. Projek OPRUIM bestaan alreeds vanaf 2003 en doen enige 'harde hande-arbeid' dienste op suiwer besigheidsbeginsels vir verskeie kliënte o.a. die Stad Kaapstad, Stadsverbeteringsdistrikte, skole, besighede en individue, en is redelik selfversorgend. Alle werk word in 4 uur skofte gedoen. Oor die afgelope jare het ADMAKERS International, ‘n besigheid onder die bestuur van Christene, sowel as ander donateure maandeliks geld beskikbaar gestel vir meer Projek OPRUIM / JESUS SAVES skofte.

Die OPRUIM-spanne lewer ‘n wye spektrum van dienste en bied daardeur ‘n ryke verskeidenheid van geleenthede vir desperate persone om lewenslesse te leer, bv.:

Die impak is dat daar opgeruim word: Rommel en alles wat ongewens is van die strate af, ongewensde dinge uit mense se lewens uit, ongewensde sosiale omstandighede uit die gemeenskap uit. (En die effek is sigbaar: almal merk op dat Kaapstad deesdae baie skoner is!)

Baan TWEE: Project DIGNITY

Dit is vir die persoon wat die vermoë het om deel te neem aan ‘n kleinbesigheid, of een dalk self kan bestuur. Vir hulle is daar die vormingsgeleentheid tot ‘n dienslewering deur Project DIGNITY-raamwerk. Bekwame persone vorder gewoonlik deur Projek OPRUIM tot ‘n geleentheid in Project DIGNITY. Die doelwit is om sulke kleinbesighede selfstandig gevestig te kry.

Die Koffiekamer - ‘n Dienssentrum

Die Koffiekamer huisves ‘n verskeidenheid van die uitreik-aktiwiteite. Daar voorsien ons ook fasilitiete waar een tot een gesprekke gevoer kan word. Ons gebruik die Skrif (met die fokus op die vier Evangelies en Handelinge), Die ‘Jesus Film’, die ‘Visual Bible’, en persoonlike getuienisse om persone bekend te stel aan Jesus Christus. Ons probeer om die persoon in sy huidige nood te verstaan en te bedien (wat dikwels lyk na bloot ‘n behoefte aan geld, kos, klere, blyplek en ander basiese dinge).

MIPS bediening (Mentally Impaired People of the Street)

Die MIPS word ook Most Important People of the Streets genoem. Hierdie weerlose mense word ingetrek en versorg deur dissipelgroeplede en kan byvoorbeeld deelneem aan die Jesus Saves Daily-skofte van Projek OPRUIM.


top