Kommunikasie [ Click here for English ]
STRAATWERK het 'n verantwoordelikheid om te getuig en die Liggaam van Christus tot groter betrokkenheid in die wêreld te inspireer. Ons doen dit op die volgende maniere:
STRAATWERK Toere
Belangstellendes word, op aanvraag, geneem om die verskillende bedieningspunte te besoek.
Radio Tygerberg 104FM (Gemeenskapsradiostasie)
Vanaf 1996 het STRAATWERK die voorreg om weekliks ‘n program aan te bied op Radio Tygerberg. Tans word die program op Sondagmiddae om 14:00 uitgesaai. Getuienisse word gedeel, gesprekke word gevoer en luisteraars word op hoogte gebring van dit wat God doen op die strate van Kaapstad. Skakel gerus in.
(Ontvangs slegs in die Kaapse Skiereiland of regstreeks op
www.104fm.org.za)
Bekendstellingsaande
Voornemende medewerkers kry ‘n volledige oorsig rakende die werksaamhede van STRAATWERK en hoe hulle betrokke kan raak.
Preekbeurte en Bekendstellingsgeleenthede
Op uitnodiging besoek ons selgroepe, vrouegroepe, ouetehuise, skole, gemeentes se eredienste ens. om getuienisse te deel asook ‘n visuele aanbieding te gee oor die werksaamhede van STRAATWERK.
Besoekersgroepe / Korttermynuitreike
Besoekersgroepe asook korttermyn uitreikgroepe is welkom om te kom deelneem aan van die uitreike.
Nuusbrief
STRAATWERK stuur ‘n kwartaallikse nuusbrief per e-pos of gewone pos aan enige een wat belangstel in die doen en late van STRAATWERK. Ondersteuners word ook op hierdie manier op hoogte gehou van sake.
(Klik hier om ons Nuusbrief te sien)


